Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Saartjie van Niekerk
was vreeslik gasvry
om haar in die bed te kry
was nie baie werk .

Kruisrym omarmrym
was haar ding
maar paarrym
het haar laat sing

wwohww ! wwohww !
het sy die buurt
se honde maak sê
oohww ! oohww !
het sy die buurt
se honde laat tjank .

Saartjie het van lanks af al
obsessief seker gemaak
dat sy vir elke gasvry
so ñ ou geldjie bank

en sy het pal
ook seker gemaak
dat sy ñ bietjie van wat oorbly
stiptelik mooi in aandele belê

wwohww ! wwohww !
het sy die buurt
se honde maak sê
oohww ! oohww !
het sy die buurt
se honde laat tjank .

Teen dertig plus drie
sonder kind of kraai
was Saartjie van Niekerk
skatryk ge
( ja ehm ... gewerk )

kon sy van haar geldjie
vat en ver ver wegs
van haar tuisdorpie
langs die see so stil so stil
haar droom verwesenlik
en ñ gastehuis laat bou –
nou is Saartjie net slegs
ñ hooggerespekteerde gasvrou

wwohww ! wwohww !
het sy die buurt
se honde maak sê
oohww ! oohww !
het sy die buurt
se honde laat tjank .


( 13/11/2012 13h43 )


 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Saartjie gasvry


Ouboet, hier mot ek 'smile' sonder my oe want dit waas my skater stil oor iets wat ek baie hartseer binne voel sonder weet...
Kan maar net soos Oupa se: 'En so loop die stories..."
5 jaar 10 maande 3 weke 5 dae oud


.
Wel, tenminste sal niemand ooit kan sê dat sy nie hard gewerk het om te kom waar sy is en sy't alles verniet gekry nie?
Ai.
Haha, dis goed geskryf. Stem nogal saam Viooltjie oor die om die kampvuur ....
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


Hmmmmmm
Ja...
Saartjie van Nie kerk.
Of isit Saartjie vannikerk..
Van watter kerk?
Die boskerk!
:-D
Niekerkshoop...
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 7 ure oud


***
Dankie, Rudi!

Maar het jy nooit na Sneeuwolf [sang] en my [mondfluit] se vertolking hiervan geluister nie? Of was dit sonder toestemming?

Luister gerus maar weer:

http://www.woes.co.za/bydrae/liriek/saartjie-gasvry-rudie-coetzer
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


saartjie
Haha...ek dink dit sal 'n lekker song wees om om die braaivleisvuur te sing. Ek hoor al hoe tjank die honde saam as daai koortjie gesing word :-))
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


Saartjie
Baie oorspronklik neergepen, met die hondegetjank soos 'n lied se refrein.

Ai, ai, Saarjtie, van elke besoeker, bêre jy seker 'n Valentynskaartjie!
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 21 ure oud


saartjie
hehehehe .. hou van die dubbelsinnigheid van jou gedig.. en ja wie het gese gasvryheid bring jou niks in die sak nie.... hehehe
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 22 ure oud



N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar