Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nog 'n Karoo dag breek rooi
'n Dag wat die Here gemaak het.
Alles le nog sluimerend mooi
En ek wonder wat jy met my vraag gemaak het?
In my hand die erfgrond
Van geslagte so deel van my
soos die sagtheid van jou mond
Sal jy hierdie grond soos jou eie lief kan kry?


Refrein:

Sal jy hierdie grond lief kan kry?
Deur droogtes en deur reen
Sal jy hierdie grond lief kan kry?
Deur swaarkry en deur seen
Sal jy vir altyd hier kan bly?
Met net die stiltes om jou heen
Sal jy, sal jy, sal jy, sal jy
My geboortegrond soos jou eie lief kan kry?

Want hier le bloed en sweet
Oor eeue 'n vaste eed
Van elke-dag-gebed
Vir hierdie grond, hierdie grond, hierdie grond
Wat die Here gemaak het



Sal jy die grond lief kan kry?
Die wye ruimtes rondom my?
Veldblomme baldadig in kleur
Gepalet oor verre horisonne in windegeur
En suikerbekkies drink
Nektar volmaak-soet ingeskink
Vir jou, my mooiste blom
Sal jy met 'n blye antwoord na my toe kom?

Onder Karoo sterreprag
Le 'n wereld dankbaar en wag
Op die vrolike skaterlag
Van die nuwe generasie, Dv, ons nageslag
Kaalvoetspoortjies in die sand
'n Boetie en sussie hand aan hand
Tussen vygie, magriet en heid
my Lief, kan slotte hul vryheid nooit toesluit



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar