Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Somtyds beteken die versies wat ek skryf
net iets totdat daar iets beters kom.
Die maanskyn en rose is nie werklik nie,
die hartlyn en breinlyn lei tot malheid as mens jou daaraan steur.
Antwoord die vrae wat my aanhou pla:

Speel jy of sê jy net dit wat ek wil hoor,
dink jy ek's oulik of wens jy hierdie partytjie's al lankal oor?
Kyk my in my oë en lieg dan weer vir my.
Sê my weer 'n keer hoe haat jy my..
Klap my en slaan my,
stamp my, maar stoot my
nie aanhoudend weg.
Kyk my in my oë en sê vir my wat's eg!
As jy dalk die waarheid praat
en al wat's oor's haat,
kyk my in die oë en sê my
wat ek NOU moet maak..

Die maanskyn en rose is nie werklik nie,
die hartlyn en breinlyn lei tot malheid as mens jou daaraan steur.
Antwoord die vrae wat my aanhou pla:
Speel jy of sê jy net dit wat ek wil hoor,
dink jy ek's oulik of wens jy hierdie partytjie's al lankal oor?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Op die wysie van...
"Sometimes the love rhymes that fill the afternoon,
lose all their meaning with the rising moon.
Hold me and tell me, that the words you say are true,
answer the question that I ask of you..."
(Peter Maccann)

Kyk of julle die naam van die inspirerende lied kan kry..
;-)
6 jaar 2 maande 1 week 6 dae 11 ure oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan...
6 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud


Se my wat
Hmmm...ek hoor die mistige deuntjie in my kop.
6 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


.
Antwoord die vrae wat my aanhou pla ...

Ek dink jy't goed geskryf hierso.
6 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud


***
Ek hoor wat jy sê, maar ek MIS die punt...
6 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


mis
Dit is nou sommer 'n lekker bydrae tot die MIS tema, Wv. Welgedaan. Jy't beslis nie die teiken gemis met hierdie een nie. Ek dink ek sou dit kon sing, as ek kon sing :-)
6 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 10 ure oud


wat
ek hou nogal baie hiervan
6 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar