Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(i)
Rypwit rook die dageraad
van Crookshoek tot Punda-Maria
se siekbed-in-herfs, geelsug-via.
Waar Mopanie se kroonblaarvlinders
as najaars geaborteerde kinders
maar laat los, soogverlaat.

 

Refrein:

Die son se roskam wa-perde
trippel afwaarts wes
in lawavlamme van bloed en vuur
wat lek aan die berghaan's nes

Die son se roskam wa-perde
trippel afwaarts wes
en al flouer geur ons adieu-uur
se gebreekte balsemfles



(ii)
Word vir my 'n bastion
as die herfswind se musiekmaak droom
valsnotig huil deur ons naakte boom.
As winter my draadjie, vir draadjie
in sy gemaskerde syglans gewaad
sarkofaag toekokon.
 

(iii)
Oes vir my 'n koringland
laat val 'n volrype Swartlandgerf
voor die son se gloed argloos wegsterf.
Vat my as jou nag-voeteslaap Rut
tot diep binne-in jou lossingsreg
se hut, met Boashand.
 

(eg -11/03/2013)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

shki
Goed neergepen.
6 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 14 ure oud



TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar