Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

waar die kyke
van jou onthou
hul te pletter loop
soos branders
teen skurwe rotse
kom bars bruidskuim
van gister in kleure
van verbleikte blou

in die moegloop
van eens sterke krag
verflou jou raakvat
soos terugtrek skuim
oor verlate skulpiestrande
met na-laat stoppels
van vergete
seebamboes

as jou stem in dorheid
moedeloos kras-breek
soos die kloof van 'n dooie see
na verstarde woorde
om droogvoet
na verstaan
te beur

‘wyl skarlakenson
oor ‘n onbekende more
opnuut oopbreek

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pa
Baie dankie Willie vir hierdie pragtige voordrag ek waardeer opreg
4 jaar 4 weke 1 dag 15 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar