Weergawe: 1
Aantal woorde: 138
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 04 Jan 2016
o groenste, groenste blaar
kyk hoe lê die lelieblom
so skoon onskuldig daar
*
'wyl skemer teen die wal kom rus
kwaak daar nog paddas in die dam
tussen lang gras en 'n rietpol
word stille skadu's vasgevang
o diepste, diepste klowe
waar dit eggo sonder taal
hier boggom bobbejane
reeds vir eeue hul verhaal
en hoër op teen die hemele
skakeer die wolke goud en grou
poog die hange en die kranse
vergeefs aan sonnestraal te klou
o hoogste, hoogste pieke
die heel laaste lig verdwyn
dis oor Jonkershoek se berge
wat die sekelmaan verskyn
en onder skittersterre
hierdie helder nag ten spyt
vind die lug 'n wonder oomblik
om na sagte reën te ruik
*
o donker, donker water
o groenste, groenste blaar
kyk hoe slaap die lelieblom
so doodonskuldig . . . daar
C. Shaw
15 Desember 2015
Lees ander lirieke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Ano
HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.