Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Het jy ’n geheim wat jy wil deel
bly net weg van ’n skinderbek
met groot oë sal sy jou ’n hupstoot gee, met
“Ag hoe vreeslik!” “Shame en toe?”
net om jou aan te spoor tot volle verhaal.

Oorvertel is vir haar ’n heerlike taak
jy sien, skindertaal is haar huistaal
sy pas ’n storie aan en bou hom op
ja, voeg ’n stertjie en sommer voetjies by
verf die toonnaels helder met blinkertjies op.

Later verneem jy van jou uitgerafelde storie
sweer sy hoog en laag, sy het geheim gehou
maar haar verdraaide weergawe
het soos ’n veldbrand versprei
almal ken nou die groot geheim.

Baie jare se seer
lê nou oopgevlek en teer
in die somerreën
en winter weer
loop geheim nou heen-en-weer.

Maar op ’n dag is sy ontlont, behoorlik uitgevang
die foon se ‘record’ het álles opgevang
met rooi gesig, trane van skuld
kon sy nie meer haar woorde ontken
sy is as skinderbek, uitgeken.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skinderbek
baie dankie Willie, pragtig soos altyd! xxx
5 jaar 7 maande 6 dae 14 ure oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar