Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Soms is jy my warm sonstraal,
en soms . . . ’n neervel weerligstraal

My soetste heuning of my bitterste aalwyn
my petroltenk, my remskoen
my groot geluk,
my hart se eina-pluk

Soms is jy
my emmer vol moed of ’n breek-my-spoed
my uitsien, my niks sien
my helder sonskyn somerdag,
my dowwe donker winternag

My warm kole-vuur, my kaal koue muur
my sagte hand, my skurwe hakskeen
my gespierde torso, my pap tyre
my brute krag,
my vernietigde pag

Soms is jy
my peace-in-the-home, my droë kakiebos
my dik-stam kremetart, my slaparm treurwilg
my opgewonde hart,
my seerste smart.

My Namakwaland oopbek daisy, my stom plastiek begrafnis blom
My aanmoedigende ‘jaa-jaa!’ my steeks donkie ‘hokaai!’
My liek-lak voort marsjeer,
my halt en rugomkeer.

My Salomo wysheid, my geen-raad domheid
My rondomtalie, my ondertoe glyplank
My gemaklike pantoffel, my te-knap tiekie-hak skoen
My fladder vlinder, my steek-pyn muskiet
My liefde-stoor,
my veragting-spoor

Soms is jy
my salige gemaklikheid of my krummels in die bed
My skitter-diamant, my smerige steenkool.
My kalm see, my woeste spring-gety.
My helderste sterrebaan,
my stik donkermaan

My oorloop beker, my geroeste dolleeg emmer.
My opbou, my afbreek
My heerlike opwinding, my dood-verveel
Tog wil ek jou met niemand ruil of deel,
want jy is myne!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Krag van Liefde
Jinne Wolf ek buig nederig laag in dankbaarheid. Dit was nou 'n groot bederf en die musiek was perfek!! BAIE BAIE DANKIE!!!!
4 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud



Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar