Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Driekie...ek gaan see toe
môre-oggend - baie vroeg
tot lank nadat die son sak...
ek't reeds my handdoek ingepak

*

Driekie, het jy al by Gordonsbaai
op die hawemuur geloop
wyl die branders teen die dolosse breek
het jy al snoek in die Strand gekoop
net daar langs die sloep
waar die skuite uit die water kom

Driekie...toe ek klein was
wou ek self my vissies vang
met 'n handlyn en 'n hoek...
(as ek maar net kon)
sou ek heeldag lank op die jetty sit
wyl my voete in die water hang

maar Driekie...ek moet erken
groot branders en woeste winde
maak my ook soms...'n bietjie bang

Driekie...toe ek jonk was
het ek teerpad langs geloop
kaalvoet - tot in Kusweg
om coke en chips te koop
by die Springbokkafee...
dit was oorkant die see

en later...in die nadag
'n draairoomys met flake
en ek kon ure lank na die water
van die grou see sit en kyk
tot sonsak as die hengelaars
oral op die rotse staan...
Driekie...ek sê jou nou
dit het baie mooi gelyk...

*

Driekie...
môre wil ek see toe gaan
en ek sal heeldag lank daar bly
en wat ek so graag wil weet, is...
Driekie...kom jy saam






C. Shaw
20 Junie 2014



*Ek het hierdie een geskryf nadat ek en Driekie gesels het oor hoe graag ons see toe wil gaan...as ons kon. So, hierdie een is vir jou, Driekie...en vir al die ander Driekies daar buite wat ook na die see verlang :-)




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Driekie
Willie...jy het my nou skoon hartseer met hierdie musiek wat jy saam gespeel het. Dit maak die hele gedig ekstra nostalgies vir my...Baie dankie...dis regtig mooi :-)
5 jaar 8 maande 6 dae 12 ure oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar