Weergawe: 1
Aantal woorde: 202
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Feb 2011
ek stap deur die strate
van verlange
strate van gister
van verandering
VERS 1:
loer in by die vensters
van ‘n ou geleefde restaurant
herhaal weer die stories
van jeugdige skandes
steeds opsoek na die boom van goed-en-kwaad
sien eva in die donker staan
hoor die benoude kreet
roep sy adam of my naam
KOOR:
ek stap deur die strate
van verlange
strate van gister
van verandering
VERS 2:
op die hoek van sodom en gemorra
huiwer ek, ek wandel nie alleen
in die straatlig gereflekteerd
my gewete kan my nie keer
in die lug huiwer stilte
proe die rooiwyn proe die gees
vind ‘n doodloopstraat in eva se arms
die soet geur van warm waters
BRUG:
voor my skuil
die donkerte al-om
net ek, net ek en jy
eva, vanaand
sal die wysheid kom
KOOR:
ek stap deur die strate
van verlange
strate van gister
van verandering
VERS 3:
eva, hier staan ek steeds
my voete vas gesteen
staar ek in die donker
jou silhouet sal ek bly bewonder
ek stap verby die vensters
van ‘n ou geleefde restaurant
hoor jou stem se draal
roep jy adam of my naam
KOOR:
ek stap deur die strate
van verlange
strate van gister
van verandering
Lees ander lirieke deur Dolores
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur adnama
Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.