Musiek & Lirieke

Bladsye:
Titel: stroombaan
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(consignment vir 'n sanger 2010-07-22)

soms raak ek net uitgerafel en los
wonder waar ek inpas
kan ek al my drade ooit bymekaar hou
tas in die donker
al die vrae en wonder
wil ek soms net
taspak, stert intrek en wegraak

en dan maak ek soos al die mense om my
zip die tent toe
en sit die ligte af reg om my
maar dan sien ek die skitter in haar oë
goue randjie, ruik ek die bloeisels van my lewe
want Hy lei my

toegeplak en vasgedraai
geen dele van my kan rondwaai
want Hy lei my
ingeplug en is op aan
Heilige Gees my stroombaan
Want Hy lei my

Maak nie saak hoe ver ek hol of wegkruip
Leeg my email inbox
Hoeveel juppies ek by die gym ken
Blink my kar of ry ek met my knortjor
Hike ek spoorlangs
Of het ek Bill Gates se PA op my speeddial

Op my sitplek vasgestrap
Styg ek ver weg bo als uit
Want Hy lei my
Batterye volgelaai
Shuffle aan
Hou aan met draai
Want Hy lei my


Toegeplak
Ingeplug
Op my plek
Volgelaai
Want Hy lei my
Want Hy lei my

© Delene de Wet



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Sirkeldans

    deur Driekie Grobler

    'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar