Weergawe: 1
Aantal woorde: 231
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 10 Dec 2014
gerook is
dink ek
(somehow)
aan jou
kruip jy
strangely
onder die
melkweg
van my
gedagtes in
roep die roet
van die rook
in jou stem
my terug
na ‘n verweg plek –
na eens
toe ons happy was
toe ons hippies was
vreugdevol en vry
vryerig en vol vreugde
vreedsaam en vatbaar –
vir mekaar
tussen die tiengelieng
van tamboeryn
en klokkies
wat iewers
om ‘n kampvuur lui
sit ons saam –
ek en jy
met die glitter
van die sterre
in ons oë
met die glim
van die maan
om ons monde
sit ons
happy-tevrede-gelukkig
onder die swartbessieboom
sing ons
stilletjies
ons poetry
in die midder
van die nag
giggel ek vir jou
as jy sê
ek is klein en fyn –
‘n regte Feëtjievrou.
Onthou ek
jou silent smile
die laglyntjies
om jou sielsbruin oë
die joy
die fun
die games
in die nag
die lief
die lollies
die lewe
in ons lag
die skip
die jump
die hippie-hooray
die skater
die silly
die ek en jy
wat spoorsny
deur ‘n doolhof
van lowergroen boomstamme
se kronkel en krom
by voetpaadjies
van varkore verby
tot in die middel
van ons clover-grasperk se tuin
waar fonteine bruis
en kabbelend lei
tot by die voordeur
van ons Feëfabel –
die storie van
Feëtjievrou en haar Storieman
2014-08-09 (Iewers vroeg oggend – na vyf en voor sewe)
(My Storieman
laat nogsteeds
my hart
happy-hop)
Lees ander lirieke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Vesting
Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561
n Vers met vele hoogtepunte in...
en jollies.
EN versien om virewig te word deur jou recording.