Weergawe: 1
Aantal woorde: 114
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Jan 2015
Soos moedernatuur
haar seisoenkalender blaai
so ook ons gevoelens
wat op en af skoppelmaai
Soos droë bruin blare
ritselend breek en kraak
roteer vier seisoene
in harte wat ontwaak
Met aanvang van wind
wat blare een-een pluk
hul rondomtalie dartel
tot waar hul ‘n eie plek
in die boomkoelte vind
Vorm skilderkwas van natuur
helder ineengevlegde tapyt
verkleur rooi-geel na bruin
verdor verf se kleur mettertyd
Heelwat later deur krag en mag
deur hark gevorm in kosmoshoop
natuur eindelik nou kaalgestroop
word daar slegs op vaalgrys geloop
Maar die heerlike nuwe lente
is binne bereik net om die draai
sorge en hartseer reeds weggewaai
bot nuutgevormde bloeisels sterk
wanneer Hy met ons binnetuin werk
Lees ander lirieke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Johann P. Boshoff
Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!