Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My spore van gister
van eergister
van die dag daar voor
is steeds afgedruk
in die sand.

Die tweespoorpad
die voëls
die bos
die vrede


Sy het van voor gekom
die beeld vir ewig in my geheue
haar bruin gespierde bene
die draf broekie
die vrye natuur
en haar vriendelike groet
sonder om te stop:

Môre,
jou nog nooit hier gesien draf nie

Die mooiste woorde
van heel my lewe

Maar ek weet
ek moet net aanhou
kom draf
net weer
en weer
en weer

Sy sal weer kom
sy moet weer kom
die voëls vertel my
die bos vertel my
my hart vertel my

Sy sal weer verby kom.

Willie
2014/05/20



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

foto
ai maar dis pragtig en die klanke is soet op my oor.

5 jaar 8 maande 4 weke 5 ure oud


Foto
Ha hoe goed het daai foto jou verbeelding op loop gesit! Hol Jannie hol!
5 jaar 9 maande 5 dae 18 ure oud


SY SAL
Baie mooi bydrae! Hou van jou pragtige raam... Jy klink baie seker dat jy haar weer gaan raakdraf..Doet so voort! Weer en weer en weer!;-)
5 jaar 9 maande 6 dae 2 ure oud


Ano
Weer
hehe, watter gesonde man kan dan nou sulke bruin bene miskyk? Hoop nie sy het te vinnig gehardloop nie :-D
5 jaar 9 maande 6 dae 12 ure oud


.
Ek sal mos nooit lag nie!
'n Glimlag is juis die teenoorgestelde van lag mos ...

'n Loelie .. mmmm, ..
5 jaar 9 maande 6 dae 17 ure oud


***
Sjaks Willie!! Hierdie een is uit die boonste bome -- skies, rakke -- regtig 'n storie met 'n gevoel. Volpunte, man.
5 jaar 9 maande 6 dae 17 ure oud


***
OK Anria, 'n glimlag sal ek verduur
Maar as enigiemand vir my Digwerk lag
Noem ek hom 'n Loelie!

Borrels ek sal jou opmerking ook met voorbehoud aanvaar- Ten minste motiveer jy my om van my pens ontslae te raak.
5 jaar 9 maande 6 dae 18 ure oud


.
Ek kan net glimlag.

(Ek het net gelees, kan mos nie luister so nie ... [skimp])
5 jaar 9 maande 6 dae 19 ure oud


Draf ...
Draf sal Willie draf ...
5 jaar 9 maande 1 week 4 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar