Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek neem haar hand en lei haar
op Jesus se voetpaadjie
ekself is soms onseker
maar ek vertrou
ons is op die regte pad.

Ek hou haar hand stywer vas
as ons die opdraandes bereik
by afdraandes hardloop sy vir my weg
ek weet sy gaan struikel en ek roep:
"jy gaan val!"
maar blindelings storm sy voort.
Ek sak op my knieë neer en pleit:
"ag Here asseblief sy gaan seer kry."

Maar die Here laat haar begaan
laat haar toe om haar voet te stamp
haar knieë nerf af te val.
Dan staan sy voor my, trane in haar oë
bloed aan haar knieë
"Hoekom het mamma my hand gelos?"
maar ek skud my kop
"nee my kind, jy het losgeruk."

Dan droog ek haar trane
verbind haar wonde
druk haar teen my boesem vas
en huil sagkens in my hart.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Terwyl ek haar van Jesus leer -


O, die moederhart wat nooit vergeet om van God te leer is die anker van geloofsbestaan!
5 jaar 8 maande 1 week 2 ure oud


xxx
Dankie Willie.
5 jaar 8 maande 1 week 17 ure oud



Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar