Musiek & Lirieke

Titel: Toentertyd
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek ontdek jou weer in ‘n ou-ou kiekie in ‘n stokou album woud
En ek wonder: is jy vet of maer, hoeveel kinders – ooit getroud?
Dalk is jy in Kanada, of by Kiwiland se kus
Maar die wêreld is soms baie klein – dalk sit jy hier in Bloemfontein...

Loop ek jou weer eendag raak in ’n kampterrein kombuis
Of vind ek jou op ’n PC-skerm met ’n keybord en ’n muis
Sal ons steeds dan altwee nog die bende-passwords ken
Is jy nog so mal oor waatlemoen en kan jy nog jou handstand doen?

Koor:
In toentertyd speel ek en jy nog sorgeloos met klei
In toentertyd leen jy jou beste karretjies ook vir my
Met toentertyd se modder kon ons die mooiste bruggies bou
Sou ons brûe nog kon bestaan, dink jy? van toentertyd tot nou?

Iewers lê nog planne van ons baie lugkastele
En ook nog van ons duikboot van ou asbespanele
Saam het ons oor kontinente die boendoes in gereis
Maar rooi koeldrank het ons teruggelok na ons huis hier om die blok

Saam het ons na die maan gevlieg met cardboard ruimteskepe
En hop-hop oor die sterre na vreemde, ver planete
Saam het ons op Mars gestop om die mannetjies daar te groet
Maar ons sendings is soms gou heroep deur gemmermannetjies op jul stoep

Koor

Brug:
Wat ek ken is goeie gisters, wat ek weet is hoe dit was
Wat ek wens is dat ons legkaarte se stukkies nog sal pas
Wat ek ken is goeie gisters, wat ek weet is oud-bekend
Wat ek wens is dat ons weer ons bruggies een vir een herken...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Musiek
Hannes, hierdie liriek van jou is baie goed geskryf my vriend. Maar waar is die musiek dan nou? Toonset dit of laat dit toonset, kry musiek daarby en dit gaan 'n baie mooi liedjie wees.
7 jaar 3 maande 4 dae 8 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar