Weergawe: 1
Aantal woorde: 176
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 14 Nov 2012
Venus, daar blink planete in jou oe
Dit ontspring uit die fonteine van jou hart
Venus, ek was ontredderd en verlore
Maar jy vertroos my seerkry smart
Venus, my teleskoop wil op jou fokus
Jou geloof staan vas en is getrou
Venus, soos Jupiter en mars, Saturnus
Verlig jy die wereld rondom jou
Refrein 1:
Straal, straal, straal my Venus, as instrument in God se hand
Straal, straal, straal my Venus, laat jou liggie helder brand
Straal, straal, straal my Venus, laat jou liefde in die wereld skyn
Straal, straal, straal my Venus, laat die duisternis verdwyn
Venus, in jou oe weerkaats die Suiderkruis
Planete roteer in hul eie baan
Venus, 'n verdwaalde siel kom weer tuis
Jou liefde rig my kom en gaan
Venus, in jou blydskap wink die melkweg
Neem my op tot bo die donker nag
Venus, jou pad van hoop is smal en reg
En jou liefde gee my nuwe krag
Refrein 2:
Straal, straal, straal my Venus. straal die Heer se reddingslig
Straal, straal, straal my Venus, laat jou kompas my hart rig (2)
Lees ander lirieke deur Karmenaadjie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Spannie
Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.