Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Met jou ou flenter-vodde hoed,
oë stokstyf starend na niks,
diep-kerf plooi vergete gisters,
slegs ‘n hand wat bedelend bewe,
hoe kan jy so mors met jou lewe?

Die steeg en karton is jou woning,
daar’s vir jou geen ander plek,
hoeveel lange, koue winters,
lê jy hier plat, vuil uitgestrek?
met kankervlekke oor jou lyf.

Niksseggend, taai-strak gesig,
word neus aan repiesmou gevee,
is dit hoe mens boedel oorgee?
Voete haas snel- stil verby,
te trots of besig om uit te vra,
kan ons kos of geldjie bydra?

So gaan jou lewe ongestoord voort,
jou belange, gawes, siel oorboord,
een ding sou ek graag wou weet -
was jy dalk ‘n dokter, prokureur
almiskien ‘n springbok atleet?




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Letsels
Goeie aanbieding en sosiale kommentaar wat vra en vra...
5 jaar 3 maande 4 dae 16 ure oud


Letsels
Laat mens wonder waar en wat het in sy lewe, en sovele ander se lewens skeefgeloop. Treffend en raak.
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


Verflenterde letsels
Baie treffend geskryf, raak 'n mens.
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 18 ure oud


Dankie
Dankie Sneeuwolf jy gee nou maar eenmall lewe aan 'n bydrae.
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 1 uur oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar