Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


My gedagtes loop katvoet
deur die gebroke legkaart
van my verlede

byna nege dekades:
in diep waters gespartel
in dorings getrap
op warm kole gestap

rigting gesoek wat na ’n horison lei
draaie gemaak wanneer maan my verlei
onder ’n boom se skadu my drome gevlei
roekeloos gelag, histeries gehuil, als in nou verby

ek het my Skepper geken
Hy het gegee en ook geneem
daarom soek ek na verlore legkaart gedeeltes
in my Bybel, in hoofstukke verdeel

by Markus vind ek ’n verlore gedeelte
versigtig stap en tot by Spreuke en vind ’n paar
by Lucas, die geneesheer vind ek nog vier
so stap ek skaam, stil en sag tot by Openbaring

met al die verlore stukkies
wat Jesus in my hand geplaas het
voltooi ek nou my lewens legkaart
soos die Meester beveel het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

legkaart
Baie dankie oom Willie. Ek waardeer dit baie baie. Die raam is perfek.
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


legkaartstukkies
baie mooi voorlesing van Bets se gedig.. dankie vir die deel
4 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud



IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar