Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


my kind:
die een jaar volg die ander
tyd staan nimmer stil
en sestien's net 'n oomblik lank...
geen uur is te verspil

onthou...
voëls vlug deur die hemel
daar's rusplek op die grond
bloeisels vly teen takke
die volmaan tinkan rond

die herfs se son is lou
my kind
die winterwind waai koud
maar elk lente bloei die blomme weer
dis die lewe...se behoud

fynbos wil in velde groei
lelies - teen 'n dam se wal
en 'n donker bos is net donker
as jy nie jou lig
daarin laat val

drome kan ook vlerke hê
harte word gewen
soos klawers smag na vingers
so soek note...
na 'n stem

*

en sestien's net die jare
in ons denke afgetel
maar dis sestien jaar
wat van omgee
en van liefde...
kan vertel



C. Shaw
5 Januarie 2015


LUV U LOTS, POPS ♥♥♥






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

16
Willie, baie dankie...van my en Natalia af. Sy is dol oor hierdie song van Joe Cocker :-) Die voorlesing is sommer baie spesiaal. Ons waardeer dit opreg :-)
4 jaar 11 maande 2 weke 18 ure oud



BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar