Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Laat ek ‘n gedig skryf
terwyl ek nog kind is
en my brood op die water laat dryf

‘n Krummeltjie klank gooi
op pad rivierlangs
waar dit dalk later ontdooi

Want later sal ek
‘n transaksie beklink
en die brak van gryswees drink

waarin wense van mense
op die bodem blink
dof op die bodem blink

Volwasse Wals;
Maak my ore vol wasse
my kaste vol dasse
Volwasse Wals
Was in my ore
my brein volgestop
onnodige dinge
wat draai in my kop
Volwasse Wals



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

volwasse wals
ag lekker so trek klavier sjoe
7 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


Veel plesier!
Hierdie het my nou veel plesier verskaf!!! "Ore vo wasse en kaste vol dasse"!!! En toe lag ek eers lekker vir Kiekies se kommentaar!

Oujaarsdagaand 1995 in ek in die middernagdiens op Melkbosstrand - en die orreliste speel met die uitstap Voorwaarts Christenstryders se wysie op 'n walsritme!!! Ek wals toe toe kerk uit en my drie tienerseuns hol vooruit uit skaamte vir hulle ma! Hierdie wysie en aanbieding het my nou sterk daaraan herinner! Jy's baie veelsydig, hoor!
8 jaar 3 maande 3 ure oud


Wals
Heito!! Balke toe! Lekker squashbox klanke daar! Ware woorde daar oor al die onnodige goed wat ons grootmense in ons lewens bymekaar maak. Jy was wys op so jong ouderdom. Is dit te laat om te se: Veels geluk met jou biffday!!
8 jaar 3 maande 5 ure oud


Kommentaar
Kritzglas, jy het hierdie liedjie geskryf toe jy kind was. . . Baie, baie goed, hoor! Dit was as'tware die aanloop na jou "volwasse wals" in die groot musiek-rondomtalie van jou lewe met die skryf van jou latere liedjies soos byvoorbeeld, Hoeveel liedjies in my kitaar. . . Is dit jy wat sing?

Vonnie
8 jaar 3 maande 7 ure oud



Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar