Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Najaarsblare word al geel en val af my Lief.
Ongemerk steel die jare ons jeug soos 'n dief.
Ons silwer hare glim nou yler op ons hoof.
Maar vir tyd, vir tyd is alles geoorloof.
Oor dekades is ons getroud.
Ons jare was gevul met goud.
Jy my, en ek jou steunpilaar.
Vir mekaar, jaar na jaar uitgespaar.


Refrein 1:

Tra-la-la, tra-la-la, tra-la-la-la-la-la-la,
so word ons oud, ek en jy hier in Afrika.
('n fluitherhaling)


Jou vat is nou sagter, minder aggresief.
En my tred is veel stadiger my Lief.
Op ons plasie as ons wandel deur die boord.
Praat ons met mekaar sonder 'n enkele woord.
Saam kyk ons na die sonsondergang.
Dit is tye wanneer ons verlang,
na jongwees dae nou reeds lank verby.
So vol vreugde, maar soms ook seerkry.

Maar aftrede bring ook nuwe vryheid mee.
Om te reis deur ons land van see tot see.
Soos die swaeltjies volg ons die son se gang.
Oor die ou Karoo tot by Tafelberg se hang.
Natal, groen heuwels en goue strand.
Vrystaatse ooptes, ons mooie land.
Krugerpark se groot vyf, 'n panorama.
Fluit en speel die wind op sy tra-la-la.


Refrein 2:

Tra-la-la, tra-la-la, tra-la-la-la-la-la-la.
Ons hou handjies as ons ry deur Afrika.
Tra-la-la, tra-la-la, die-daai-die-daai-die-dein
Braai 'n vleisie op die kole, klink 'n glasie wyn
Tra-la-la, tra-la-la, 'n baie ou refrein.
Kniel tesame en sug sag oor die ouderdom se



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tra-la-la
OK
Die reëls pas my
Die Pandora stoor . . .
Tot wanneer wil die insamelaars bymekaar maak ?
Die Winter?
Hoop hulle het meer plek
:-))
Nou ?
Waar's die tune?

Ek is 14 en sien nie hoekom mag ek nie lees nie
:-))

Lekker geskryf.
Doet alsó voort
7 jaar 5 maande 1 dag 21 ure oud



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar