Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Contessa, weet jou mamma, weet jou mamma,
in watter klubs flankeer en hang jy rond?
Jy drink osbloed en groenmamba,
en glimlag met 'n rooi pruilmond.


Refrein:

Kleine Tes, kleine Tes, kleine Tes,
jy't my byna uitgeslaan vir 'n ses.
Kleine Tes, kleine Tes, kleine Tes,
Onder swaar grimering doen jy jou bes.
Maar Rooikappie pas tog op.
Nou-nou is jy in 'n wolf se sop.
Jou speletjie gaan vanaand hier stop.
Ek vat jou terug, ek vat jou terug, ek vat jou terug!
Na jou mamma my Pop.


Contessa, weet jou mamma, weet jou mamma,
hoe jou seksie lyfie wikkel en skud?
Jy dans die tango en die samba,
en wolwe fluite wil jou heel insluk.


Contessa, weet jou mamma, weet jou mamma,
Hoe jy met die kaarte dobbel my Pop?
Jy praat die taal van veterane,
maar as niemand sien, val 'n traan in jou dop.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar