Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Vanaand lyk jy weer asemrowend.
Sysagte hare wat jou gesig omraam.
Oor ons koepel duisend sterre belowend
En die nagwind weeklaag en jubel jou naam.


Refrein:

Vereena, Vere-e-e-e-e-na-a-a-a, Vereena,
Wat maak jy hier in Afrika?
Vereena, Vere-e-e-e-e-na-a-a-a, Vereena,
As die jakkals in die na-nag kla.
Vereena, Vere-e-e-e-e-na-a-a-a, Vereena,
Is ek sterk genoeg om ons altwee te dra?


Afrika so ongerep oeroud.
Najaarsgras en bosreus kraak droog.
Wintersnagte so onheilspellend koud.
As die steenbok haar pasgebore lam soog.
In maanhaarsbaard het vars bloed gestol.
Die koedoe se vlug was so soepel-sereen.
Groot Afrika eis dag vir dag sy tol.
Wat maak jy hier, wat maak jy hier Vereen?

'n Skoot eggo ver deur Afrika.
Teen my bors Vereen is daar troos vir jou snik.
'n Renosterkalf stres oor sy lewelose ma.
Die mens weeg en wik, maar dis God wat beskik.
Vereen my hasie, my bokkie, my lam,
vir Afrika is jy te broos en teer.
Die maanlig silhoeet 'n rooibokram.
En die kolgans swem met haar kroos op die meer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Musiek by die liriek
Ek stem volkome saam met ons kreatiewe bestuurder. . . Ek hoor al met my geestesoor onder meer die tromme in die agtergrond!

Indien hierdie besonderse liriek van jou nog nie getoonset is nie en jy nog nie 'n P+ lid is nie, oorweeg dit gerus sterk om een te word en oorweeg die diens wat die Afrikaanse Liedjiesfabriek hier op Woes aanbied om lirieke te toonset. Dan kan jy jou mp3 hier laai, en voila! En kan ons lustig na jou liedjie luister.
7 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


wat maak jy hier?
Ek ditto KB -- regtig iets besonders.
7 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


Wat maak jy hier?
Baie mooi liriek. Ek sou dit so graag wou hoor ... :)
7 jaar 5 maande 1 dag 2 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar