Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die grootoog uil roep: Hoe-hoe-hoe
lankal slaaptyd vir Boe-boe-boe
kyk hoe bol'makiesie die waaiertjie wind
Mamma, se suiker, suikerklontjie kind


Refrein:

gee nagsoentjie
se kalkoentjie
sing 'n wiegeliedjie
se swart kriekie
ogies wil nou slaap, slaap, slaap
dis al laat, se die me-me skaap
hoor hoe die duifie roe-koe-koe
hoor hoe die koeitjie moe-moe-moe
hoor hoe die uil hoe-hoe-hoe-hoe
slaaptyd nou, vir Boe-boe-boe



Kyk hoe lag ou kwaatjie maan
as kieliewolk se vingerjies oor hom gaan
net nog horlosie wat tok-tok-tok
al die diertjies slaap warm in hul hok


Op die melkweg se skommelbaan
glinster die sterretjies so sit en staan
Klaasvakie se sand het jou kom groet
hy fluister Boe-boetjie, slaap nou soet



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wiegelied vir Boe-boe


Lieflingdingetjie, as Moe-moe so, om jou te laat slapies, doe-doe dan moet jy soetjies-soetjies doekies-doekies gehoor!
'n Lekker slaapsoetliedjie vir 'n spesiale kleinding glo ek!f
6 jaar 3 weke 3 dae 7 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar