Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Anderdag moes ons Kimberley toe
Ons vat die pad al was dit vroe
Al die dorpe verby gery
Maar moes stop om petrol te kry

In Wolmaranstad, daar langs die groot pad

Ons kyk daar rond en wat sal ons sien
Die plek's een groot kantien
'n Kroeg op elke hoek
Die kerk word min besoek

In Wolmaranstad, daar langs die groot pad
Hulle hou van plesier en dan drink hulle bier

Daar sit 'n oom in sy stoel
Die oom se hond se naam is boel
Hy skree vrou bring my kos
Die tannie sê jou vet gemors

In Wolmaranstad, daar langs die groot pad

Oompie wil die tannie klap
Maar sy slaan hom mooi plat
Hulle haat mekaar
Maar alleen bly is te swaar

In Wolmaranstad, daar langs die groot pad
Hulle hou van plesier en dan drink hulle bier

Polisiemanne moet jy vrees
Hulle maak hul geld deur korrup te wees
Inspekteur die kyk ons aan
Hy sê vir ons julle gaan betaal

In Wolmaranstad, daar langs die groot pad

Vyftig rand die kry ons vry
En ons kan verder ry
Hulle sit jou in die tronk
En dan word hulle dronk

In Wolmaranstad, daar langs die groot pad
Hulle hou van plesier en dan drink hulle bier



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar