Resensies

Titel: Agora
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Hierdie periode-film wat in die vierde eeu afspeel, is nie ligte vermaak nie. Dit handel oor ʼn vroulike filosoof wat in die wêreldstad Alexandrië gewoon en gewerk het, oor vooroordeel tussen mense en teen vroue, en onderdrukte liefde. Dit volg die patroon van ʼn Griekse tragedie maar die sensualiteit (sonder om tot banaliteit oor te gaan) en die oortuigende agtergrond tonele word in ʼn moderne styl bemeester.

Hierdie film het sekerlik nie baie geld verdien nie en spog nie met enige groot name nie, maar dit is die kyk werd as jy meer pitkos van films verwag.

Godsdienstige kykers word gemaan dat die film sterk standpunt inneem oor godsdiens – die Christelike gemeente in Alexandrië word as baie wreed en barbaars uitgebeeld. Tog behou die regisseur ʼn stukkie onafhanklikheid daarin dat die Christene wel telkens geprovokeer word voordat hulle die wandade pleeg wat in die geskiedenis aangeteken is. Die kontras tussen wat Christus geleer het en wat sy gemeente soms aanvang, verwar die held van die film geweldig, ʼn pynvolle akkurate uitbeelding.

My gedig ‘In nomen filii’ is gedeeltelik deur die debat rondom die film geïnspireer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar