Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek raak nou die dag nog so liries oor Regardt van den Berg se rolprent “The Angel The Bicycle The China Man And The China Man’s Finger.” Nie ‘n goeie rolprent nie maar ‘n uitstekende rolprent. Net jammer die rolprent was destyds met sy vrystelling in “kuns teaters versteek. “Faith Like A Patato” was ook iets om oor opgewonde te raak.
Het Klein Karoo gaan kyk en was lelik teleur gestel. Ek het so uitgesien daarna om “Klein Karoo” te sien maar ek wens ek het eerder my tyd beter spandeer. Die probleem is nie net die swak regie en spel nie. Dit is net dat ek nou nog nie weet wat die rolprent veronderstel was om te wees nie. Aan die eenkant wil dit ‘n erenstige rolprent wees, aan die anderkant ‘n liefdes verhaal en aan die ander kant ‘n komedie. Nie een slaag egter nie.
Daar is net te veel en terselfdertyd net te min om in te neem in die rolprent om van sin te maak. Om die rolprent te ontleed wil ek nie eens probeer nie. Al wat ek sal sê is dat dit “Susanna Van Biljon, Semi Soet, Hanna Hoekom en Wolwe Dans Skemer” na kunswerke laat lyk wat dit beslis nie is nie.
Daar is oomblikke in die rolprent, maar oomblikke maak nie ‘n rolprent nie, veral nie as swak toneelspel dit bederf nie.
Die rolprent is soos al die laaste vlaag Afrkaanse Rolprente een groot teleurstelling.
Terloops, ek sal graag wil sien dat iemand in die land dit sal waag om die “anamorphic” formaat te gebruik. Neem nou maar net die Karoo landskap in die rolprent. Dit skree om deel van die storie te wees maar jy sien dit nie regtig nie. Ek weet dit is moeilik om intieme oomblike in rolprente in die formaat vas te vang, maar dit was al gedoen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Klink eerder na n persoonlike opinie as n Resensie ?
6 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar