Resensies

Titel: LIEFLING
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons was bevoorreg om Saterdag na die opvoering "Liefling" in die staatsteater in Pretoria te gaan kyk.

Wat 'n belewenis :)

Ek bly maar 'n "sucker" vir die liefde.

Het getrou die ontdekking van die nuwe liefling op kyknet Sondagaande gevolg, en toe wen my gunsteling nogal. Net 'n teken dat ek die opvoering moes gaan kyk.

Die fliek was vir my mooi. Iets anders en baie eg Suid-Afrikaans.

Maar die opvoering is stukke beter. Dit was uit die boonste rakke. Oud en jonk het dit vreeslik geniet. Daar is gelag, ge-oe en ge-aah, 'n traan hier en daar afgevee.

Liza, die nuwe liefling, pas perfek in die rol. Haar toneelspel is uitstekend en haar stem soos die van 'n engel. Sy sing duet saam met verskeie mense deur die loop van die toneelstuk, en haar stem harmonieur perfek saam met elkeen. Sy straal onskuld, nederigheid en vasberadenheid uit. Kruip sommer van die begin af diep in mens se hart.

Oeee, en dan ou Bobbietjie, ons land se liefling. Die mense, en veral die jonger dames, was gek oor hom. Hy is maar net iets vir die oog en laat selfs 'n ou tannie, soos ek, se hart warm klop.

Op 'n stadium loop hy hemploos, met net 'n denim en 'n rugbybal oor die verhoog, die meisies het begin skree en jil en toe ek ook heel opgewonde so 'n wolfin-jil uiter, kry ek 'n elmboog van manlief in die sy. Maar toe mond of nie, my oe het fees gevier.

Die spelers was almal puik. Dit is heerlike, skoon gesinsvermaak uit die boonste rakke.

Beslis 'n moet om te gaan kyk, en elke sent werd.

Net jammer die programme was uitverkoop toe ek een wou kry.

10 uit 10 vir hierdie puik, eg Suid-Afrikaanse produksie :)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

liefling
Dankie vir die terugvoering.

Vir my het van die nuwe flieks nog net nie die diepte van partyd van die oues nie. Maar ek glo jou dat die verhoogstuk seker baie goed was.
6 jaar 8 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


liefling
Bly jy het dit geniet, ek dink ook dis baie interessanter in lewende lywe.
6 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


V
Driejie,
Ja, almal bly maar lief vir 'n goeie tranetrekker. My vrou dreig my al met die dood - sy wil ook gaan kyk.
6 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


Kreefoë
Die laaste film wat ek gesien het was LIEFLING, en die laaste toneelstuk VASELINETJIE. Hier in die diaspora sien ek nul_komma_niks van wat in die middelpunt van die w^ereld aangaan nie. Had ek kreefoë sou ek tog nie verder as die Alpe kon sien nie. Ken ook nie al die Lizas en Bobbetjies nie. Ag, man!

Dankie vir die heimweeinspuiting!
6 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


***
Baie dankie vir die resensie. Ek sal wat wil gee om ou Bobbietjie hemploos op die verhoog te sien.
6 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 13 ure oud


Liefling
Jy maak my skoon jaloers. Waar is die tye tog toe ek en Ouvrou gereeld teater toe gegaan het.
6 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


Liefling
As 'n mens Ge Korsten se Liefling gesien is is niks ooit beter nie. Maar ek het die nuwe fliek geniet. Hoewel vandag se kunstenaars nie vir my regtig kan toneel speel nie. Wens net ek kon die verhoog stuk sien. Maar ons hier op die platteland is mos die vermaak wereld se stiefkinders, sien mos nie verhoogstukke uit die stad uit nie.
6 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud


Liefling
Klink na iets om nie te mis nie...
:)
6 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 18 ure oud


Liefling
Ai hoe wens ek dat ons dit kon gaan sien!
6 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar