Resensies

Titel: 16 BLOCKS
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Bruce Willis vertolk die rol van 'n afgeleefde, dronk polisieman wat die taak opgelê word om 'n getuie 16 blokke ver na die hof toe te vervoer waar hy getuienis moet aflê teen korrupte polisiemanne. Natuurlik wil die polisiemanne dit ten alle koste verhoed. Willis lyk sleg en die snor en kapsel is duidelik vals. (Hopelik is dit 'n fout van die grimeerkunstenaars en het Bruce dit nie self gekies nie). Mos Def vertolk die rol van die getuie. Sy bek is nie vir een oomblik stil nie. ‘n Mens wens na 'n rukkie Bruce skiet hom net om hom stil te kry. Hierdie is 'n tipiese skiet- en jaagtog-fliek wat seker êrens 'n aanhang sal hê, maar ek dink Willis moet sy rolle nou met meer oorleg begin kies – veral noudat hy sy hare moet aanplak…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar