Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is mal oor “cowboy”-flieks. Dit is ‘n nadraai van toe ek op ‘n baie jong ouderdom begin flieks kyk het, en sulkes nog volop was. Die fliek is gebaseer op ‘n kortverhaal van Elmore Leonard, dieselfde ou wat Get Shorty geskryf het. In die fliek vertolk Christian Bale die rol van ‘n arm beesboer wat sukkel om sy plaas te behou. Hy bied aan om saam met drie ander mans die gewetenlose leier van ‘n berugte bende, (Russel Crowe), na ‘n dorp te neem waar hy met die trein tronk toe gestuur kan word. Crowe se bende is op hulle spoor en hulle moet ander gevare ook trotseer. Op pad raak die grense tussen goed en sleg so effe vertoebel en die fliek eindig met ‘n onverwagse kinkel. Ben Foster vertolk die rol van een van die bendelede wat heeltemal onlekker is. Hy doen dit uiters goed. Hy was ook die versteurde tiener in Hostage. Te oordeel aan die heelwat bekende name in die fliek soos Peter Fonda, Alan Tudyk en Luke Wilson, is daar ‘n behoefte onder Hollywood se akteurs vir meer sulke flieks. Die fliek begin Vrydag en is vir ‘n verandering die moeite werd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar