Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het 'n lekker geselsie met Abel Kraamsaal gehad oor sy nuwe Album "Sondeval"... hier is wat hy tesê gehad het:

1.Die derde CD se cover en tema is baie anders as die vorige 2 CD’s. Enige spesifieke rede daarvoor? Is dit ‘n aanduiding van hoe jy as kunstenaar deur die jare “evolve” het?

Abel: "Verseker, met die eerste album was ek baie naïef en het baie geleer so met tyd. Sondeval se ontwerp het op my gespring toe ek die oorspronklike skildery gesien het en ek moes dit net hê vir die cd omslag."

2.Sal jy ‘n Engelse CD op ‘n stadium uitbring?

Abel: "Ek het tot baie onlangs toe geskryf aan ‘n Engelse album, maar nie een wat ek sommer op die rakke sal sit nie, but never say never! Partykeer hou ek van Engels skryf om die kreatiewe proses aan die gang te hou. Kom ons kyk. Die Engelse album wat ek aan’t skryf is is amper klaar, maar ek dink dit gaan baie eksklusief by vertonings verkoop word."

3.Bok van Blerk het nou die dag in ‘n onderhoud gesê Afrikaans as taal word onder druk, veral of TV en Radio. Stem jy saam?

Abel: "Nee, Afrikaans word nie onderdruk nie. Ja, daar is radiostasies wat nie Afrikaanse musiek speel nie, maar dis omdat 80% van Afrikaanse musiek kommen is. Die Engelse mark WEET nie van die beter musiek in Afrikaans nie en is bang dat wanneer hulle hulle sluise oopmaak vir Afrikaans, gaan hulle oorval word met allerhande swak Afrikaanse musiek. Afrikaans was nog nooit so lewendig nie."

4.Noem een “band” saam wie jy graag sal wil optree

Abel: "Dis vir my een van die moeilikste vrae wat ek na 4 jaar in die industrie steeds sukkel om te antwoord. Ek is mal daaroor om met my uitgebreide band te speel. Ek het 2 drummers, 2 bassists en 2 guitarists. Enige kombinasie hiervan gee my hoendervleis! Ek sal graag eendag ‘n produksie wil doen saam met die Dave Matthews Band."

5.Wat dink jy is die grootste miskonsepsie wat mense het oor Afrikaans en Afrikaanse mense?

Abel: "Daar’s ongelukkig waarheid in die miskonsepsie. Die miskonsepsie is dat alle Afrikaanse mense kommen is. Die feit is dat slegs ‘n gedeelte van Afrikaners kommen is."

6.Wat wou jy word toe jy klein was?

Abel: "Ek wou ‘n dokter word en ‘n rockstar. Ek is nou byna altwee. Ek speel musiek vir mense op stage en het drie cd’s op die rakke. Ek is ook ‘n hipnoterapeut en “dokter” mense actually reg d.m.v. hipnoterapie."

7.Luister jy na jou eie CD’s in die kar of stort?

"Ja, ek luister soms na die cd’s in die kar vir twee redes. Ek moet soms “recap” op songs wat ek lanklaas live gedoen het, net om die woorde bietjie te onthou. Soms luister ek na die cd’s om die groei te identifiseer en om bietjie nostalgias te raak oor wat ek al bereik het. Baie keer is dit om die produksies van nuwe materiaal in lyn te hou met wat ek reeds gedoen het, sonder om vervelig te raak."

8.Wat is jou gunsteling jaarlikse fees in Suid Afrika??

Abel: "Dis moeilik. Ek hou van KKNK omdat ek dan omtrent al my musiek kollegas raakloop en meek an tyd spandeer. Ek hou nie noodwendig vandie fees nie aangesien dit ‘n fees is vir resepmusiek en wat die kommersiële mark bevoordeel. Ons rockers sukkel om venues te kry om by te speel. Dit sal my eerste jaar wees wat ek Inniebosgaan speel en al my kollegas reken Inniebos is die beste ooit…so ons sal moet sien."

9. 2007 sal jou 5de jaar wees as voltydse kunstenaar, wat sou jy se is die 3 grootste lewens lesse wat jy geleer het tydens hierdie “journey”?

Abel: "Hehehehe…die eerste een is dat ‘n loopbaan in musiek, veral in die progressiewe mark, vol finansiële stampe en stote is. As jy ‘n familie moet onderhou, moenie daai dayjob eers los nie. Ek het nog altyd ietsie op die kant gedoen wat finansieël vir my beteken dat wanneer daar ‘n stil maand in musiek is dat ek steeds mooi kan omsien vir my gesin. Dit raak soms beter en dis NOOIT konstant nie. Mens moet doodseker wees van jou markaandeel en hoeveel dit jou in die sak kan bring. Moenie sommer net mense vertrou nie."

10.Watter tipe kind was jy op skool? Die “jock”, die “dropout” of die “geek”?

Abel: "Ek was ‘n mengsel van die drie. Ek glo nie ek was ooit ‘n jock nie, maar dan ook nie ‘n dropout of ‘n geek nie. Ek was ‘n rebelse soet kind wat gehou het van sigarette, shooters, meisies en rekenaars. Min het verander, behalwe date k nie meer naby sigarette kom nie."

11.Soms voel ek as skrywer bang om my werk op die website te plaas want dis so persoonlik. Voel jy ook soms so oor ‘n song? ‘n Vrees dat die wereld dit net uitmekaar sal skeur met kritiek?

Abel: "Ek was geweldig sensitief daaroor aan die begin, juis omdat ek eerlik skryf en my songs persoonlik van aard is en ek NIE resepmusiek skryf nie. Na ‘n paar jaar in die besigheid raak mens se sensitiwiteit afgestomp oor wat ‘n negatiewe resensie van jou werk mag sê. Resensies bly op die ouend van die dag tog maar net opninies. Ek weet dat daar iets in my musiek lê, of iemand dit in my leeftyd of na my leeftyd gaan ontdek is nou maar iets waaroor ek nie baie beheer het nie."

12.Waar is jou gunsteling vakansie plek?

Abel: "Sjoe…ons beste vakansie bestemmings wissel. Ons is baie lief vir die platteland in die suide van Frankryk, maar as ons vinnig moet wegbreek gaan ons McGreggor toe in die Boland. Op die klein dorpie is ‘n holistiese oord, Temenos. Hier word jou liggaam en siel heeltemal gevoed."

13.Wat is die moeilikste deel van wat jy doen?

Abel: "OM markaandeel te behou. Daar is deesdae so baie kunstenaars, so baie bands dat mens sukkel om ‘n konstante vloei van mense by jou shows te hê. Dis moeilik om aan te hou en aan te hou, selfs al voel dit partykeer of jou career nerens heen gaan nie."

14.Daar is ‘n groot “gap” tussen Suid-Afrika se nuwe opkommende kunstenaars en ouens soos Steve Hofmeyer. Hoekom dink jy is dit?

Abel: "Daar’s geweldige vernuwing onder die jonges. Daar’s ook geweldige kreatiwiteit onder jong bands. Afrikaans het nognooit so lekker geklink soos nou nie. Wat wel jammer is is dat ‘n klomp band Fokofpolisiekar wil wees. Daar is geweldig lekker nuwe klanke soos Foto na dans selfs Lukraaketaar. Alles nuwe klanke, vars van SA."

15. Behalwe nou vir die songs… Skryf jy enigsins stukke in Afrikaans?

Abel: "Van tyd tot tyd gryp die skryf merrie my en ek begin met ‘n Afrikaanse komedie vir die planke. Ek skryf hom dan so ‘n ent in en dan verloor ek belangstelling a.g.v. die goeters wat ek actually moet skryf. Ek is byna seker dat daar eendag nog iets gaan uitkom wat ek sal kan gebruik. Dalk moet ek al die stukke wat ek al geskryf het kombineer in een storie…dan het ek een verhoogstuk. Ek weet reeds wie ek die akteur sal maak, so ek moet dit net klaar skryf."

16.Het jy van WOES geweet voor die onderhoud?

Abel: "Hehehehe…ja. Ek is gereeld op die www.woes.co.za, die www.watkykjy.co.za en dergelike Afrikaanse webtuistes."

17.Het jy al ooit daaraan gedink om ‘n blog te begin soos Steve Hofmeyer?

Abel: "Nee, vir die eenvoudige rede dat ek nog nie seker is of duisende mense dit sal lees nie. Ek blog elke dag in my privaat hoedanigheid. Op hierdie stadium deel ek dit nie met mense nie."

18.Waar is jou gunsteling plek om op te tree?

Abel: "Die Durbanville Kunskafee in Durbanville is my gunsteling. Dit was my vrou se venue voor ons weggetrek het uit die Kaap uit. Ek het lekker fans daar, heerlike mense en die gigs is altyd ‘n lekker vet partytjie. Dis soos om huis toe te gaan elke keer."

19.Hoekom die titel “Sondeval”?

Abel: "Sondeval is simbolies van verandering en vernuwing. Uit met die oud en in met die nuwe. Ek het deur baie vernuwing gegaan terwyl ek hierdie album geskryf het. Ons he tons huis verkoop en al ons wortels opgetel en weggetrek na ‘n iddiliese plek. Ons het allerhande beroepsveranderinge gedoen. Selfs die musiek is effens anders. Die eerste twee albums was baie persoonlik, amper soos self terapie. Hierdie album is amper generies, maar tog met ‘n tikkie Kraamsaal in. Dis tyd om aan te beweeg."

20.Laastens, as jy jouself moes opsom in een “quote” of “lyric” wat sal dit wees?

Abel: “Vat alles uit die lewe voor die lewe alles uit jou vat…”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar