Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die fliek handel oor die grootste omstrede saak van ‘n vermiste persoon in die geskiedenis van New York. Dit is geïnspireer deur die storie van Robert Durst, enigste erfgenaam van die ryk Durst-familie wat daarvan verdink was dat hy sy vrou vermoor het, maar nooit daarvoor aangekla was nie. Ryan Gosling vertolk die rol van Durst absoluut uitstekend – hy kry dit selfs reg om die stemmetjies in sy kop oortuigend weer te gee. Kirsten Dunst is sy vrou, Kathie, wat spoorloos verdwyn. Dit is moeilik om te glo dat Gosling nog nooit enige formele drama-opleiding gehad het nie – hy is ongelooflik. Die fliek sou beter gewees het met ‘n regisseur soos Ridley Scot aan die stuur, want dit is ‘n donker, swaar fliek wat regisseur Andrew Jarecki (wat gewoonlik dokumentêre flieks maak) nie goed genoeg oordra nie. Beide Dunst en Gosling is só goed, dat aanhangers van kunsflieks gerus hierna kan gaan kyk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar