Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So dan en wan kom daar iets besonders op televisie.Toe ek gisteraand die tema sien 'The Help' het ek amper verby gehou,maar gelukkig lees ek die beskrywing en dit prikkel my(weereens 'size,oeps (titel) does count'
Lanklaas het ek so 'n spieel gesien van myself in die apartheidsjare(1960)Dit was 'n ongelooflike 'trippie down memory lane'Ek wil nie teveel hierop borduur nie,ek wil u nie die voorreg ontneem om die film te sien of die boek te lees nie.
Ons was daar,ons het dit gesien,ons het dit gedoen,en heerlik voort brug en poker gespeel.Terwyl ons kinders deur die ousie grootgemaak word,terwyl sy ons kos voorberei het,kon ons die luukshede van goedkoop arbeid geniet,misbruik en uitbuit.Sondag het dominee vir ons verseker daar issie foutie,alles is allright.God het 'n behae in die bydrae wat ons lewer in die opheffing van die swartes,van ons sendingofferhandes elke einde van die maand.
So nou en dan(ek weet,ek was daar)het ek na die swart mense gekyk en hier diep binne-in my het daar iets geroer,maar ek kon dit regkry om met 'n bietjie afleiding,dit te smoor.
Ek was daar,ek was deel van die geslag,wat as 'n gekleurde persoon oortree,vermoor,steel of sy eie behalsnoer,myself kon regverdig:Sien,jy kan die goed nie vertrou of leer nie !Dan roep ek weer oor my skouer,terwyl ek myself rustig maak voor die radio of televisie of voorberei vir 'n vakansie by die see,'Ousie kyk tog dat alles met my huis met my kinders wel is.Sorg tog dat die kos reg is etc. etc. etc.........



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar