Resensies

Titel: Atonement
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Jong, dertienjarige skryfster beskuldig haar suster (Keira Knightley) se kêrel, (James McAvoy) van ‘n kriminele daad, omdat sy ‘n ogie op hom het en omdat sy ‘n stokkie wil steek voor haar suster se verhouding. Hy is egter onskuldig, maar haar getuienis verander al drie van hulle se lewens. Die gebeure speel af van 1935 tot na die Tweede Wêreldoorlog. Die fliek is baie goed verfilm en die spel uitstekend. Regisseur Joe Wright vertel die storie baie goed en ek dink nie dit kon op ‘n ander manier gedoen word nie. Hierdie is ‘n tipiese Engelse kunsfliek. ‘n Mens geniet die fliek, maar omdat dit met tye hard probeer om ‘n sekere emosie oor te dra, vind ek dit so effe te lank. Dit is egter duidelik hoekom die fliek benoem is vir ‘n Oscar as een van die beste flieks van 2007. Indien jy die tipe persoon is wat van hierdie soort flieks hou, gaan kyk gerus daarna – jy sal nie jou geld mors nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar