Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gewoonlik vang mens in ‘n reeks met die oudste kapitel aan, dit wat as eerste gebeur het. Hierdie film, die derde, beskryf die kindheid van iemand wie se lewe as volwassene al verfilm is.

[BAL (Heuning), Regie, boek: Semih Kaplanoğlu, mit Bora Altas as Jusuf, die kind, Turkye/Duitsland 2010]

Die Turkse regisseur, Semih Kaplanoğlu, toon – in die „verkeerde” volgorde – ‘n reeks: Eers „Joemoerta”, wat Eier beteken, Jusuf as veertigjarige man wat uit die grootstad terugkeer op die land nadat sy moeder gesterf het. Daarna kom „Süt” (Melk), waarin hy die skrywery ontdek, en waarby sy moeder hom eenvoudig nie kan verstaan nie, sy wat moeisaam met ‘n klein melkbedryf probeer om haar (hulle) kop bo water te hou. En nou vertel Kaplanoğlu sy outobiografie in trurat. Aanskynend kan aldrie filme elkeen as selfstandige storie gesien word. Bal, in elkgeval.

      Dit gaan om ‘n seuntjie in die eerste klas, wat nie so reg skryf, lees en reken kan leer nie. Maar as hy met sy pa, ‘n byeboer, deur die woud stroop, merk hy gou dinge en voer allerhand opdraggies en takies uit. Sy ma ondervind hom as probleem en wil „iets doen”. Sy stuur hom na iemand wat vir hom bid; sy stuur hom na haar ma, om vir haar self geleëntheid te gee om vry te kan asem.

      Die kind self is nie stom nie. Hy praat net nie, slegs met sy pa. Hy kan soggens nog slaperig die afskeurblad van die dag-vir-dag almanak voorlees, met alle kompliseerde woorde en dinge wat hy (waarskynlik) nie kan verstaan nie. Maar in die klas gaan hy nooit een van die rooi plastiek loof-stickers „verdien” nie. Nie vir lees en nie vir iets anders nie. Dis die storie van ‘n kind wat met groot oë in die vreemde wêreld kyk en slegs ‘n deel begryp. As dit naweek is, trek hy met sy pa in die oerwoud, die towerwoud, van die een byekorf na die ander; die muil dra die gereedskap in twee groot mandjies, en die valk met die klokkie aan die poot vlieg saam. Die kind ken al baie blomme en plante en hul betekenis vir die heuning. Dis ‘n lewe soos in ‘n sprokie.

      Weens die [wêreldwye] uitsterwe van bye moet sy vader al hoe dieper in die woude trek om volke te soek. Turkse byeboere bou hul „korf” soos ‘n bottervat uit hout heel bo in die bome, en daar moet hulle soos ware sirkusartiste balanseer en werk. Een dag as hy ver van die huis af alleen werk, val hy hom dood.

      Maar dit handel om die kind. Wat gebeur met die kind? Hy is ‘n buitestaander in die skool, en as hy in die pouse in die klaskamer alleen bly sit, hoor hy hoe ‘n groot meisie in 'n ander klaskamer gedigte vir haarself voorlees. Dit skryf hy agterna uit sy geheue af. Hoe sien hy die volwassenes? As hy hoor dat sy pa dood is, en sien hoe treurig sy ma is, dan drink hy sy melk (wat hy anders nie graag doen nie) voor haar uit, so te sê as troos, maar sy merk dit glad nie. By sy ouma hoor hy hoe een van die dames in die leessirkel (uit die Koran?) voorlees oor hoe Gabriël vir Maria en Josef (sy naam, Joesoef) ontmoet het. As daar nog net een plastiek sticker in die skottel op die boekrak oor is, kry hy dit tog op sy hemp aangesteek, ofskoon hy so sleg gelees het soos nog nooit tevore nie. Hoe sal ‘n mens die grootmense dog verstaan?

Die drie stappe in die lewensverhaal van Jusuf/Semih is getitel Heuning, Melk en Eier, aldrie lewende natuurstowwe wat in alle kulture ook iets simbolies beteken. Eier – die middeljarige wat uit ‘n beskutte omgewing gekom en self „uitgebroei” het, Melk – die kalfie wat naby die moeder moet bly voor hy afgespeen word, of hom sélf afspeen. So kán man die simbole lees. En Heuning? Van die Hebreërs, oor die Christene tot en met die Moslems dra heuning die betekenis van krag, lewenskrag en groei; wat soet is, is goed (alle byeprodukte is bekend as medisyn); die liefde, ‘n verbinding met die geesteswêreld,... In die Turkse taal beteken dieselfde woord, Bal, heuning én woord.

      Daar is verskillende stories in omloop oor „stom” kinders wat later in mense ontwikkel het wat met die woord te doen het: Skrywers en digters, musici en sangers, politici en redenaars. Hoeveel waar en hoeveel uitgedink is, weet ek nie. Hierdie is na bewering outobiografies en is ‘n baie mooi, miskien verklaarde, nabeelding van ‘n sprokiesagtige kindheid. Die „woorde” van die natuur het hy gouer geleer as die woorde in die boeke.

     Weereens puik gespeel, ook en besonders die rol van die vyf- of sesjarige kind (en sy klasmaats) wat nie gegiggel of na die kamera geloer het nie, maar byvoorbeeld met verwondering na iets kon staar en staar en staar, of bekommerd kyk, of tevrede glimlag. Albei ouers, die onderwyser en die ouma is mense wat min sê en dóg nie altyd dit sê wat hulle wou nie. Ook maar mense wat nie alles kan weet nie. En die herfslandskap in die hoogwoude van Anatolja is waarna baie toeriste smag. Tereg.

©.2012..............................................................òOó..............................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar