Weergawe: 1
Aantal woorde: 280
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 27 Dec 2008
Om deel van die groep te wees behels verskillende aktiwiteite en jy kan nie slegs fokus op een "genre" nie, jy moet jou vlerke wyd oopsprei en dinge doen waarvan jy niks weet nie. My onderwyser, vir almal wat Amalia gekyk het, sy was Hestertjie, is baie interessant en vang mens altyd onverwags met iets! Ons eerste uitstappie was na Monte Casino om hierdie toneel produksie deur Pieter Toerien te gaan beskou. In 'n volbespreekte ouditorium begin hierdie sprokiesverhaal!
Dit was oorspronklik verby! Die dekor, musiek en selfs kostuums was kleurvol en ek was te bang om my oe te knip, bang ek mis iets! Die "special effects" was iets buite hierdie wereld!
Die verhaal het begin met Belle (Beauty) wat in 'n markplein haar boeke wat sy so mal is om te lees te gaan teruggee. Om 'n lang storie te verkort, sy en Beast het mekaar ontmoet deur haar bejaarde pa. Beast was 'n karakter wat net homself belangrik ag in sy lewe en geen gevoel het nie! Die skoonheid het vir hom gewys dat gevoel gevoel kan word deur liefde, omgee en vriendskap!
Ek beveel almal aan om hierdie asemrowende stuk te gaan oordeel! Beauty and the Beast, 'n nag wat vir altyd onthou sal word, 'n nag wat 'n verskil gemaak het, 'n verhoog produksie uniek in sy klas! Wel Gedaan!
Lees ander resensies deur Wern
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die resensie
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie resensie
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae