Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons kort reis van die Weskus -neem ons verby Darling op pad terug
Wou jare terug na 'n vertoning gaan kyk,maar wou nie soveel betaal vir 'n kaartjie nie.Dis nou jare later,die land het al 'n lang pad geloop van 1994 af,ek is self 20 jaar ouer(wyser?,dommer?)maar duidelik het iets met my gebeur.Ek kon nie bly vir 'n vertoning nie,maar my halfuurtjie tussen die herinneringe van ons vroee dae,het 'n onuitwisbare indruk op my herinneringe gelaat.Duidelik het ek vergeet,gerieflikheidshalwe? ek weet nie,maar wat 'n belewenis.Daar bestaan seker nie nog 'n museum met die inligting,fotos,notas,goeters(ons kan nie tans die naam van so 'n versameling onthou nie)Goed en sleg,mooi herniieringe en dinge wat ons wil vergeet,onder een dak loop ons deur my hele jongmensjare.Ek bloos ten aanskoue van 'Blankes alleen' kennisgewings,verstom my aan die verwaandheid van ons Blankes van daardie tyd.Maar die tafereel wat hom afspeel terwyl ek op die treinbankie sit en koffie en koeksisters eet,met die jong Pieter wat op 'n video van sy vroee vertonings opdis-'Adapt or die' spot hy met die Staatsmanne van ouds,trek hy gesigte en hou die vinger in die lug.Op fotos pryk hy saam met omtrent alle staatsmanne,omhels van Pik Botha tot President Mandela.Ek loop my kop en skud van die oomblik wat ek die stasie gebou binnegaan en toe ek uitkom,maak my kop nog sulke knikbewegings.
Eendag,voor dit te laat is,wil ek een hele dag daar gaan deurbring,voor ek miskien,finaal afskeid neem, van die ou Suid Afrika.
En ek wonder oor so baie dinge.......



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Darling
Ag, dit was nou lekker om uit jou oe weer die plek te sien. En die plastiek hoenders en blomme in die tuin, is dit nog daar? Ons het in Melkbos gebly en nou is mos blommetyd daar ook in daardie wereld met die mooie varkore. Ja, ek stem saam met jou , die NET BLANKES laat so 'n simpel lee gevoel by mens ne? Ons was verwaand. Maar dis ons mense daai wat ons ook voor lief was. Lekker gelees.
7 jaar 2 maande 4 dae 12 ure oud


lekker gelag by PDU se peron....
toe ek daar by die "krip staan om my nood te verlig" en langs my teen die muur is 'n ou VP verkiesingsplakaat waarop staan: "We put the power in your hands".
7 jaar 2 maande 4 dae 18 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar