Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Brose Genade! Wat ‘n pragtige boek.

Groot was my verrassing to ek my poskantoorpakkie afhaal en Brose Genade daarbinne sien. Jy raak sommer verlief op die boekie met die pragtige blom voorop.

Vinnig laat glip ek my vingers oor die bladsye; ek ruik en druk dit teen my hart. Brose genade is iets besonders. Boek wat praat van smart en hoop vir elkeen wat ‘n hart het vir mense wat ly en moedeloos is.

Die stories maak sin, die gedigte laat my dink en die hoop beskaam nie.

Ek wil veral vir Anze Bezuidenhout baie dankie sê vir die pragtige verwerking van elke gedig. Jy het jou knap van jou taak gewkyt. Dis briljant uiteengesit en ek haal my hoed vir jou af. Hierdie boek behoort ingeskryf te word by prysbeoordelings.

Groep 7 het baie goeie drukwerk gedoen en ek dink julle is puik. My betaling was nog nie eers deur nie; toe kry ek my poskantoorstrokie.

Baie dankie aan elke digter en skrywer wat “Brose Genade” moontlik gemaak het. Mense wat medelye het met siekes en broses. Mense wat ‘n hart het vir sterwendes en mense wat self deur pyn gegaan het, maar weer opgestaan het. Sonder elke skrywer, sou “Brose Genade” nie moontlik gewees het nie.

Ek haal my hoed af vir elkeen wat iets toegevoeg het. Dis die mense agter die skerms wat die hardste gewerk het.

Brose Genade is ‘n “top” boek.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

brose genade
Geniet dit Moekie
3 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Brose genade bundel
Ai Moekie jy laat my hart sommer warm klop met hierdie goue woorde oor die KANSA bundel - Brose Genade.. Ek wil weer vir elkeen wat deel was dankie se vir julle insette en ook die pragtige ondersteuning vir hierdie saak wat my so na aan die hart le. Dit was n plesier om die bundel saam te stel en die samewerkling tussen die WOES familie was iets pragtig om te beleef. Die mense kan steeds bestellings plaas danksy Groep 7 se bereidwilligheid om laat bestellings te hanteer
3 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


3 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 6 ure oud



Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar