Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat 'n wonderlike ervaring toe ek die geregistreerde pakkie by die poskantoor afhaal!

Vyf boeke wat stinknuut toegedraai is. Ek het soos 'n opgewonde kind wat 'n kersgeskenk gekry het, die plastiek afgeskeur en die boeke bewonder.
Die boek is baie professioneel saamgestel en die lees daarvan is gemaklik en opbouend.
Ek het aan my kinders elkeen een gegee, met 'n klein boodskappie spesifiek aan hulle gerig.
Nou is die res van die familie kwaad en wil ook een besit.

Ek kan werklik aanbeveel aan al die Woes lesers en skrywers om dadelik 'n paar van hierdie boeke te bestel. Dit maak uitstekende geskenke en die voorraad is min!. Alle winste gaan direk aan Kansa.

Baie dankie aan Anze en Woes wat aan my hierdie geleentheid gebied het om 'n bydrae te lewer aan 'n saak wat baie na aan my hart is. My vrou was ook gediagnoseer met gesig kanker en ons het die hele proses saam deurgemaak. Ek is baie dankbaar om te kan se dat sy tot nou toe "skoon" is.

Al ons liefde,
Vlakvark en Familie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Brose Genade
Ek moet beaam wat jy se, ons as gesin lees elke aand n gedig of twee en dit is baie inspereerend. wel gedaan.
4 jaar 2 weke 1 dag 23 ure oud


Brose genade bundel
Dit is met n warm gevoel in my hart wat ek jou mooi woorde lees Wikus. Ek se weer GROOT dankie aan elke woes lid wat deel van hierdie wonderlike projek was. Die samewerking was fantasties gewees en dit was net n plesier om die bundel saam te stel. Ek hoop werklik dat daar nog baie sulke projekte geloots sal kan word in die toekoms

Almal kan steeds bundels bestel, stuur asb vir my n epos ( anzebez@gmail.com ) dan stuur ek vir julle n bestelvorm.
4 jaar 2 weke 1 dag 23 ure oud



Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar