Resensies

Titel: Burlesque
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Film wat die droom en hoop van enige jong en aspirante sangeres nuwe lewe en nuwe moed inblaas. Die film bring opnuut weer die ou Burlesque, Kabaret en vroëer jare se teater style na vore, ‘n gevoel wat jou laat kriewel in jou stoel elke keer wat jy die ritme in jou polslag voel en die manier waarop jou liggaam eenvoudig vanself mee gee aan die sensuele klanke en stemme wat jou na die nostalgiese boheemse fantasie wêreld dryf. Die “Kit-Kat-Club” word herontdek in die ritmiese danse van die danseresse en word van vooraf weer vasgevang in die soepel en sielvolle lywe wat deur die absurde dog passievolle kostuums wardeer word. Christina Aguilera bewys aan talle kykers, vir baie dalk die eerste keer, waartoe sy regtig in staat is. Haar talent vir musiek, sang en dans in verskeie genres bied nuwe grense en soveel meer om te prys. Hierdie film is ‘n warm en musiekryke skepping wat hand-aan-hand loop met films soos Coyote Ugly, Cabaret, Chicago ensovoorts. Natuurlik heet die gewilde koningin van die verhoog, Cher, jou welkom en lok jou siel in styl en vurige passie met haar soet woorde en kragtige tango ritme…”Welcome to Burlesque”.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar