Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So te sê met die moedermelk het Ilich Ramírez Sánchez die rewolusionêre denke ingeneem: Sy vader was kommunis en het hom die tweede voornaam gegee van die Russiese leier, Lenin. Maar die wêreld sou hom leer ken onder die naam wat oor dekades sinoniem was vir dood en terreur.

CARLOS, DIE JAKKALS, Regie Olivier Assayas, met Édgar Ramírez, Frankryk, (jaar onbekend)

Dit is wel die derde verfilming van die „Jakkals”, en dit word beweer dat Carlos sy bynaam 1973 oor Fred Zinnemann se film, „Der Schakal” gekry het. Die Assayas-film wat eers as ‘n driedelige serie vir die Franse telvisie gedraai is, is (in Duits) as vyf- of drieuur-weergawe te sien, waarby die languitgawe eintlik slegs by besondere geleënthede getoon word (bv filmfeeste). Daarin praat die karakters hulle eie taal. (Carlos, wat in Venuzuela gebore is, kon self aanskynend tussen Spaans, Frans, Engels, Arabies en Duits vlot heen en weer spring.) Uit die noukeurige navorsing is natuurlik dáárin meer dokumentasie ingepak, en die karakters is wel in fyner detaïl geskilder. Die drieuurweergawe is sinkroniseerd, en dit maak die film makliker om aan te skou. Ek het die „kortfilm” gesien. Mens moet eintlik ‘n paar keer gaan kyk om al die, veral politiese, besonderhede asook die finansiële verknotings en andere samehange van die tyd te begryp.

      Carlos was die man met die driedae-baard, swart baret, leerbaadjie, masjiengeweer wat provokatief onverskillig oor sy skouer hang, wat die voorblaaie dekades lang „versier” het. (Lyk ‘n bietjie soos Che Guevara). Sy loopbaan het in die vroeë sewentigs begin, en sy eerste groot – mislukte – aksie was in 1973 in opdrag van die Volksfront vir die Bevryding van Palestina. Sy beroemd- berugtheid begin in 1975 toe hy die gesamentlike vergadering van ministers van buitelandse sake van die OPEC-state in Weenen as gyselaars neem en met ‘n vliegtuig wegkom. In ruil vir die ministers het hy asiel in Algerië gekry. Van daar aan spring hy oor die Middelmeerlande en Europa heen en weer soos ‘n vlooi op ‘n landkaart. Destyds was die koue oorlog vol in gang, en graag het verskeie groepe en groeperings van sy „dienste” gebruikgemaak. Kommunistiese regerings wou hê dat hy die kapitalistiese Weste so onder druk hou dat hulle hul éíe uitbreidingsplanne kon voortset. Die Moslemstate wou onder die smag van westerse heerskappy ontvlug. Nadat die USSR uitmekaargespat het, het hy al hoe minder afnemers vir sy moordkommando’s gekry, en het later in Sirië meer of minder self as gyselaar sy tyd omgekry, toe die Arabiese state hulle dóg met Israël moes skik. En dan was hy skielik nêrens welkom, ook nie in Sirië nie.

      Self het hy hom nooit as terroris gesien nie, maar as bevrydingsvegter vir onderdruktes en minderbevoorregtes.

      Gedurende hierdie duimpie-draai-tyd het die Franse geheimdiens ontdek waar hy hom bevind en, daar hy diplomatiese asiel geniet het, het hulle hom met ‘n sluwe kunsgreep daaruitgehaal: Hy het pas ‘n operasie ondergaan en was bedlêerig toe soldate hom in die nag na die hoof van die sekuriteitsdiens se huis bring, waar hy kamma beter teen sy vyande beskerm sou kon word. Toe die konvooi met ambulans daar aankom, klim die soldate uit, en ‘n heeltemal andere manskap klim in en ry reguit na die lughawe. Daar word hy in ‘n vliegtuig gelaai en na Frankryk vervrag.

In 1994 is Ilich Ramírez Sánchez in Frankryk tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis weens die moord op twee Franse polisiemanne nog vóór die neem van die OPEC-gyselaars in Weenen 1975. Soos ek dit verstaan, is hy op geen ander klagte aangekla en veroordeel nie, ook nie die OPEC-episode nie. Uit die tronk uit het Ramírez probeer om die verfilming van sy lewe te verhoed, maar tevergeefs, en die filmfeesbesoekers in Cannes het dit groot gevier.

      Dit is ‘n duistere film met min om oor te lag, altyd weer ‘n „skriksekonde” wanneer ‘n nuwe gruwel getoon word. Die (waarskynlik hoofsaaklik moslem en katolieke) toneelspelers spring nie gedurig in mekaar se bed nie, hoewel deel van Carlos se roem van sy gewildheid by die vrouens stam. Seker is dit moeilik om ‘n antiheld daar te stel, sonder dat hy in ‘n held ontwikkel. Maar ek meen, die toeskouer se stryd in sy binneste, om nie die charisma van ‘n skurk te verval nie, is deel van die beleefnis. Goed gespeel, goeie kamera en, al kan dit nie as biopic of lewensverhaal tel nie, dit deel baie inligting oor die tyd, die mense en die destydse verhoudings mee.
©........................................................................2012......................................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar