Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die eerste veelstemmige akkoord en die paar daaropvolgende takte slaan my altyd dronk: ek speur daai brandende pyn agter die oë, en heel dikwels kom die eerste trane al. En so was dit ook 'n paar Sondae gelede om sesuur saans by 'n besondere opvoering. Nie net koor en orkes nie, maar ook dansers op 'n toneel byna so groot soos 'n tennisbaan, fikse saam met gestremdes op een dansvloer, ook met rolstoele daarby.

   Hy of sy wat die moderne twaalftoonmusiek nie ken nie, en dit toevallig by die soek na 'n radioprogram hoor, vind heel dikwels die eienaardige harmonië en die skynbaar melodielose melodië en ritmelose ritmes bevreemdend. Soos by my ook. Sommige mense word by die eerste hoor daarvan reeds vir altyd afgeskrik. Hy wat in 'n musikale familie opgeneem word, byvoorbeeld deur huwelik, sluit langsamerhand vrede met
dié musiek. Soos by my ook, hoewel ek nog altyd 'n kriewelrige gevoel het as ek die een of ander stuk hoor. Besonders van 'n paar komponiste – waarby ek my vra watter beregtiging hulle het om hulself „komponis" te noem. Maar ek is nie so ver ontwikkel nie.

   Nou, by Carl Orff is dit anders en besonders by sy
CARMINA BURANA* ,  wat ek al 'n paar keer op plaat gehoor en al een keer laaif bygewoon het. Daar speur ek (ék, naïfling wat ek is!) iets wat ek as musikaliteit kan erken. (En buitendien het hy 'n skoolmusiekleerplan geskryf wat in die verskillendste wêrelddele, ook in Suid-Afrika, gebruik word. Waarskynlik in die skool wat ek besoek het. Wie weet.)
.

[   CARMINA, inklusive Tanzprojekt; konsert van Carl Orff vir soliste, koor en orkes (plus-minus 150 deelnemers), hierdie keer met plus-minus 150 dansers: By tye driehonderd mense op die toneel! Met hoofregisieur, orkesdirigent, koordirigent, choreograaf, drie solo-dans­sterre, jeugdiges en kinders uit verskeie skole en uit die Chrisopherus­heim 'n inrigting vir gestremdes by Welzheim, vier solosangers, 'n balanseer­kunstenaar op die stywedraad, jeugdiges en volwassenes uit die Esslinger Vocalensemble, die Jung Süddeutsche Philharmonie, Esslingen. En as „Peettoom" Royston Muldoom wat die „Rhythm is it!"-projek in Berlyn opgevoer het. In Junie 2013 het hierdie opvoering op die terrein van die Christopherusheim plaasgevind.  ]
.
Die musiek was, soos ek sê, oorweldigend en goed gespeel en gesing. Party van die danstonele was nie net aanvaarbaar nie maar puik, en baie mense het geswerm vir die feit dat gesttremdes, ook in rolstoele, saamge-„dans" het. Ongelukkig kan ek nie in die looflied instem nie: Ek weet dat dit totaal modern is om van „Inklusión" te praktiseer te praat, en menige mense wil dit met `n maat geweld deursit. Ek is nie teen die „inkludering" of insluit van andersaardige mense nie. Vir my was dit eerder `n tentoonstelling van onbeholpes, wat voor al die mense oor die toneel gesleep of gestoot moes word tot hulle op die regtige plek staan. Dan gaan die musiek verder en hulle staan alweer op die verkeerde kol. Miskien was daar nie baie sulke mense, en miskien was dit nie alte dikwels nie. Vir my was dit egter steurend insover as dit gelyk het soos `n blootlegging van mense wat nie kan nie, soos 'n triomfering oor die dommes en die lompes, wat tot niks beters in stande is nie.

   Waarskynlik is ek veel te „sensíbel”, te sensitief, en moes 'n „oper gemoed” aan die dag gelê het. Ek het jare gelede in hierdieselfde Christopherusheim gewerk, dis mos my persoonlike vriende, daai! Ek is VIR die Inklusion, die in- of omsluiting, die aan- en opname van besondere mense in ons geselskap, uit beweeggronde van die Christelike naasteliefde, nie DAARTEEN nie. Dis net dat ek my met hierdie aard en wyse daarvan nie kan vereenselwig nie, by lywe nie.

   Ander mense het dit „toll”, „inspirerend” en „vooruitstrewend” gevind.

_________________

CARMINA BURANA * [ lat. >Liedere uit (Benedikt-)beurn< ], versameling van mlat. en mhd. vagant­liedere²  in 'n handskrif uit die 13e. eeu uit die abdy Benediktbeurn¹ (tans in die Beierse Staats­biblioteek München); beïnhou 55 moraals-satiriese (met 'n eie geskiedenis), 131 liefdes- asook 35 drink-, speel- e.a. liedere; daartoe kom geestelike spele. --'n Keur uit die C.B. Is deur C. Orff vertoon (1937). [ Eie vertaling → DER BROCKHAUS³ in fünfzehn Bänden, Leipzig-München, 1997 ©. ]

¹    Verskillende plekke, dorpe, kloosters, ens in Suid-Duitsland word ...-beur(e)n genoem; die woord is waarskynlik verwant met Bauer (boer, kleinboer); in die Carmina is dit meestal die „klein" mense, die arm boertjies en boerinne („burana") van die dorpies en plasies wat optree en sing en wie se liedjies en liedere saamgevat is.

²   Vagant: Swerwende speelman in die middeleeue. Nie die Minnersänger of ministreel wat die kasteel besoek het nie, maar vir die gewone mense op straat, in die kroeg, op die markplein.

³   Een van die groot Duitse ensiklopedië.

©.2013._______________________)o:[>__<];o))___________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar