Resensies

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is 2027 en die wêreld staan op die rand van ‘n totale ineenstorting. Natuurlike hulpbronne is so te sê uitgeput en oral heers chaos en anargie. Die laaste baba is 19 jaar gelede gebore en niemand weet hoekom die vrouens almal onvrugbaar is nie. Slegs Engeland kry dit reg om vas te klou aan reg en geregtigheid deur middel van 'n totalitêre staat te handhaaf. Theo (Clive Owen) word deur sy eertydse vrou (Julianne Moore) genader om haar ondergrondse beweging te help om 'n meisie by die kus te kry. Op pad vind hy uit dat sy swanger is. Een groep wil haar baba gebruik om 'n rewolusie te begin en 'n ander wil help om hulle na 'n beter blyplek te smokkel. Hierdie is seker een van die beste flieks wat tot dusver hierdie jaar gedraai het. Onthou net, hierdie fliek is nie vir lamsakke nie. Dit is 'n helse blik op 'n wêreld wat baie moontlik net om die draai lê....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Skat van die Seerower

    deur Rachelle du Bois

    Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar