Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die booswig breek by die agtervenster van die chocolaterie in met die doel om die mooi uitstalling in die skouvenster flenters te slaan. Hy verloor sy balans en val binne-in die gestapelde duiwelsprodukte in. Onwilkeurig lek hy die klewerige goed af, waar dit op sy onderlip vassit. Die vreeserwekkende uitdruk op sy gesig verander. Dit word neutraal. Dit word vriendelik. Sy gesig straal nie net van sweet nie, maar van verbasing, van oorgawe aan die heerlikheid (wat hy totdan as aaklikheid beleef het). Sy lewe verwandel voor ons oë van ‘n norse, nukkerige man in ‘n sagmoedige, ook in ‘n gulsige – ‘n gierige na alles wat hy homself jarelank nie gegun het nie. Hy lê op sy rug en strooi die bruin korreltjieslekkers in sy mond soos ‘n tiener die grondboontjies op sakgelddag gooi. Hy glimlag, sy oë verdraai na bo. Mmmhhh-mmm-aaa-aaah! Ôôô!
.
[Chocolat, ‘n klein happie is genug; mit Juliette Binoche, Johnny Depp; regie Lasse Hallström; sonder jaar (om 2000 wel)]
.
Vianne is die dogter van ‘n Franse chemikus en ‘n Suid-Amerikaanse vrou uit ‘n nomadiese stam „wat altyd die noordwind gevolg” en die sjokoladekuns versprei het. Sy het hierdie eienskap geërf en trek met háár dogter van een plek na die ander „wanneer die noordwind roep”. Sy kom te lande in ‘n stokkonserwatiewe, ertskatoliese stadjie êrens in Frankryk – midde-in die preek aan die eerste Sondag van die vastyd – en wil van alles op die wêreld ‘n sjokoladewinkeltjie oopmaak. Juis dán wanneer die mense onthoudsaam moet wees!
   Natuurlik kom haar allerhand onwil teë, besonders uit die rigting van die graaf wat ook burgemeester en die kerk se lekeraadvoorsitter is (bogemelde booswig). En hy of sy wat met die nuwe chocolatiére vriendskap sluit, word deur hierdie selfgekose wagter oor die stad se sedes uit die geselskap uitgesluit. Daarby ontstaan in teenstand ‘n soort sub-kultuur, ‘n sirkel van samesweerders, ‘n geheime verbond: Haar nuwe vriende. Dan kom die volgende katastroof al aangedraf, of liewer -geswem: Die sigeuners, wat op vlotte en huisbote die rivier langs trek, gooi anker en kampeer op die oewer. Die kleinstad is in oproer. Hoe wie met wie omgaan, word op ‘n hoëpunt gedryf, totdat, na ‘n verjaarsdagfees (met sjokolade in al sy denkbare bedieningsmoontlikhede: Mmmhhh-aaa-hmmm!) die bote en vlotte aangesteek word en uitbrand .
   Aan die einde los sjokolade alles op. Nie ín sjokolade oplos nie, maar déúr die sjokolade word probleme opgelos. Soos in die sprokies. Dit ís waarlik ‘n sprokie, hierdie, met mooi kleurige prente van Frankryk se somer, mooi meisies en ‘n bose heks en heksemeester. Alle newerolle, ook die kinders, weereens perfek beset. Slegs: Die boses moet hulle nie in rooiwarm ysterpantoffels dooddans nie; 'n vredevollere oplossing word gevind! Die sjokolade-„sigeunerin” en die riviersigeuner vind sielsrus en ‘n vaste staanplek waar hulle „hul tent kan opslaan”. Die kind moet nie meer ewig rondtrek nie.
   Maar, ofskoon die graf en sy sekretaresse by die groot paasfeesviering aan die einde saam sjokoladeroomys kon eet, sê ‘n kinderstem, „Dit was nog volle ses maande voor hy haar uitgenooi het om in ‘n restourant saam te gaan eet.”
   Einde goed alles goed. Vive la chocolat!

_...o..._

Natuurlik is dit ‘n ou film, maar ek het gemeen, na aanleiding van ons tema, ek gaan kyk hom nog ‘n keer. Ons het die DVD daarvan, en eerlik, ons het hom al ‘n halfdosyn kere gesien. En hy het nie slegter geword nie, inteendeel, hy is nog lekkerder.
   In grotere Europese stede is daar sogenoemde „Programmkinos". In Hannover is ene met as hooftrekpleister kos, eet, drink en (waarskynlik) gifmoord. Dáár het hierdie film lank gelede en „Die anonieme Romantikusse” onlangs gespeel. Dis óók ‘n heerlike sprokiesagtige fliek met as derde hoofrolspeler – ewe die sjokolade. Lees my resensie van ‘n maand of so gelede. Gaan kyk as hy nog die rondes maak! En kry gerus die DVD van Chocolat as dit nog beskikbaar is, om weer en weer te sien.

©2012.______________________________.ooĭÅĭoo.__________________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kyk ook graag
... na my Resensie van Die ANONIEME ROMANTIKUSSE van 15. Mai d.j.
7 jaar 6 maande 4 weke 3 ure oud


Eintlik
Reg is jy.
Eintlik maak juis dit uit die selulo"dband 'n goeie fliek!
Uit die stof (plofstof) met so 'n fyngevoel en sagte hand so 'n storie uit te bring! Dit maak daaruit 'n sprokie (wat dit in die nabyheid van 'n ,waarbeeld' ruk!)
Maar ONGELUKKIG (of nie? Dan het ook ek maklik 'n paar duisend woorde losgelaat) was my tema 'n andere.
7 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Ek stem
Puik video met o so van pas sosiale kommentaar oor vooroordele en voorgee.
7 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud



The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar