Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie draaiboek is deur JJ Abrams geskryf en het opslae gemaak tydens die openingsnaweek in die VSA. Abrams het die draaiboeke van flieks soos Armageddon en Mission Impossible III geskryf en ook ‘n hele klomp TV-episodes van Lost en Alias. Die fliek handel oor vyf jong New York-inwoners wat ‘n afskeidspartytjie vir een van hulle vriende reël op dieselfde aand wanneer ‘n monster so groot soos ‘n woonstelblok die stad aanval. Dit klink heeltemal ongelooflik, maar glo my, die fliek is skrikwekkend. Dit is só goed gedoen, dat ‘n mens met nuwe oë en groter verwagtiginge na al die opvolgers in hierdie genre gaan kyk. Die karakters is goed ontwikkel en hoewel die akteurs almal baie jonk en onbekend is, is die fliek geloofwaardig en goed uiteengesit. Die enigste akteur wat dalk herkenbaar sal wees, is Mike Vogel. Hy het die rol van Christian (die verloofde), in Poseidon vertolk. Die fliek herinner my sterk aan die Blair Witch omdat dit amper op dieselfde wyse geskiet is, net beter. Hierdie is ‘n rilfliek wat baie gou kultusstatus gaan bereik. As jy nie maklik bang word nie, is hierdie ‘n heerlike Saterdagmiddag springmieliefliek.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar