Resensies

Titel: CRY WOLF
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die akteurs in hierdie fliek is meestal onbekend, buiten Gary Cole, Jon Bon Jovi en Jared Padalecki van Gilmore Girls-faam. Moenie 'n fout maak nie, die geweld word heeltemal te oorweldigend en grafies uitgebeeld, maar die storie is vir 'n verandering nie sleg nie. Aan die begin dink jy dit is maar net weer die gewone geykte "slasher"- fliek, maar dan besef jy dat daar dimensies is wat die storie baie interessant maak. Hedendaagse tegnologie, wat veral die jonger geslag sal lok, word goed met die storie verweef en goeie kamerawerk help om die spanningslyn te behou.  Ek wil nie die storie vooruitloop nie, want die fliek het ook 'n baie verrassende einde. Onthou net – as jy lieg, haal dit jou partymaal in...       



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar