Resensies

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die baas van ‘n klein sjokoladefabriek in Lyon geld as ‘n growwe mens: Bruusk met sy werkers en abrupt met die sakemense met wie hy te doen het, ‘n „no-nonsense”-tipe. Niemand weet dat hy uiters sensitief is, met beroeringsangs, hooggevoelig en kwetsbaar; en dat hy probeer om sy skugternheid agter ‘n masker van kortgebondenheid te verberg. Sy fabriek is op die rand van bankrot en hy moet noodgedwonge iemand aanstel om die verkoopssyfers op te skuif. ‘n Halfuur voor die tyd vir die voorstellingsonderhoud staan ‘n jong vrou voor ‘n fabrieksvenster en oefen wat sy gaan sê. Ook sy is hoog, hooggevoelig en sy probeer om háár skaamte agter ‘n vrolike masker te verberg.

LES ÉMOTIFS ANONYMES– Regie Jean-Pierre Améris, boek Jean-Pierre Améris, en Philippe Blasband, met Benoît Poelvoorde, Isabelle Carré, Lorella Cravotta; F 2010

Sy word as eerste ingeroep vir ‘n onderhoud, en nadat die twee nie eers drie minute aan mekaar verbygepraat het nie, stuur hy haar weg en sê vir die vrou in die kantoor dat hy haar gaan aanneem. Teleurgesteld is sy al op pad maar word teruggehaal om die vorms vir haar aanstelling in te vul. Die ander kandidate word huistoe gestuur. En die bestuurder verdwyn in die toilet, waar hy sy verswete hemp teen ‘n varse omruil. Nou is dit so dat Angélique ‘n chocolatière uit die boonste rakke is, maar sy kom nêrens aan nie omdat sy al die jare by haar vorige firma glad nie aangestel was nie, maar het so te sê onder ‘n skuilnaam as kluisenaar die kosbaarste kosbaarhede by die huis gemaak en dan aan haar baas gelewer. En al wat sy wil en kan doen, is om sjokolade te maak; in plaas daarvan moet sy van die een winkel na die ander met haar tas vol verkoopsmonsters stap.

     Sy is lid van ‘n selfhelpgroep soortgelyk aan die anonieme alkoholieke en bespreek alles met haar vriende in die stoelsirkel. Hy besoek ‘n sielkundige wat hom huiswerk vir tot volgende keer gee. As ‘n soort wanhoopsdaad vertel sy haar laaste kliënt, wat ook wil afspring, dat sy die beroemde kluisenaar ken, en dat hy vir haar firma gaan produseer. En hy kry die opdrag om iemand te beroer – dat sy haar hand nie terugtrek nie wanneer hy dit gryp, dryf hom daartoe om haar te moet soen. Die lede van die selfhelpers kry die plan om ‘n laptop met kamera in die fabriek op te stel en haar met mikrofoon en kopfstuk uit te rus, sodat die „kluisenaar” haar kamtig kan skaaip wat sy en die werkers in die fabriek moet doen...

      Is dit genoeg inleiding? En die film het nog nie eers rêrig begin nie. Tot die twee ontdek dat hulle mekaar liefhet, lê ‘n hele ry modderplasse en piesangskille voor. Tot hulle besluit om iets daaromtrent te doen, tot die kollegas en groeplede hulle byna met geweld altaartoe stoot, kom ook nog ‘n klompie verswete hemde en verhuilde grimering. En dit word alles so lieflik en so dierbaar en so fyn vertel. In absolute teenoorstelling met die sci-fi brutalo’s wat deesdae met sombere gelaat oor die duistere silwerdoek marsjeer, met pirotegniek en vlieënde plastiekdele na fantastiese hoogdesibel-ontploffings. En wham en bang en crash.

     So fyn vertel soos ‘n Jane Austen uit ‘n ver terugliggende eeu. Die ene misverstand word deur die volgende „opgelos”. Mens voel ‘n bietjie soos die kinders in die Lido in Princeslaan op ‘n Saterdagmôre, en wil skree, „Nee, nee! Nie daar nie, gaan andersom!...” En die lag oor die onbeholpenheid vang dikwels aan met, „Agge nee,...” of „Dit kannie waar wesie,...”

      Pret, dis al. Pure pret. Charmant, het ‘n Franse resensent gesê.

‘n Hoofkarakter wat nie in die lys van credits verskyn nie, is die sjokolade. Almal, alle karaktere in die film, is lief vir sjokolade, is verruk, is mal oor sjokolade. As ‘n goeie stukkie verskyn, verdraai die oë, dit hmm en dit haa en dit oe en dit aa. In onderhoude het Jean-Pierre Améris vertel dat hy ook ‘n hooggevoelige was, ‘n anonieme romantikus, wat hom graag in ‘n bioskoop versteek het, waar niemand hom in die donkerheid kon sien nie; daar het hy eniges oor die kinematografie geleer. (En sjokolade is ook ‘n metafoor vir die bioskoop, sê ‘n Duitse resensent.) Weereens ‘n film met outobiografiese trekke – hy weet watter gevoelens op die spel is. Die twee draaiboekskrywers het dit in ‘n kaffee met banketbakkery in Brüssel geskryf en daar het die idee ontstaan, hoe en waar om dit te laat afspeel.

©...............................................................................2012.............................................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lees gerus ...
... my Resensie van CHODOLAT van 7e. Julie d.j.
7 jaar 7 maande 1 dag oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    tussen woorde se oop spasies

    deur BennyB

    Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar