Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


'n „Afro-Duitse”, Mo Asumang, het 'n film gemaak en daarna 'n moorddreigement van 'n neo-Nazi musiekgroep, „The White Aryan Rebels” gekry. Hulle is ondersteuners van 'n terreurgroep wat (tans) aangekla word, en is medeuitgewers van die tydskrif „The Aryan Law and Order”. So kry sy die idee om die begrip Ariërs te ondersoek en 'n film daarvan te maak. In 1963 gebore, is sy die kind van 'n Duitse en 'n man uit Ghana. Sy het Visuele Kommunikasie en Klassieke Gesang studeer en werk sedert 1996 in radio, film en tv as spreker, moderatorin, toneelspeelster en regisseurin. Die films waarin sy die regie hat, handel meestens om ras en rassisme, soos byvoorbeeld die dokumentêrfilm Road to Rainbow – Willkommen in Südafrika wat sy in 2010 in die Townships van Kaapstad en Johannesburg gedraai het.

.

Die Arier, dokumentêrfilm; D. 2014; regie, draaiboek en optrede Mo Asumang  ]

.

Sy gaan toe  letterlik  op reis en besoek demonstrasies en optogte van verskillende regs-politiese groepe in Duitsland; sy vlieg na die VSA en praat met leiers van  „Aryan hate groups” en 'n maskeerde lid van die Klu Klux Klan. Sy besoek universiteite en biblioteke en laat haar toeskouers die definisie van die begrip „Ariër” verklaar en hoe die woord in die Europese politiek in die neëntiende eeu deur 'n franse „rassis” ingevoer is.

    Dan reis sy na Iran en gaan kuier by mense in 'n eenvoudige bergdorpie: Dis 'n volk wat hulle self Ariërs noem, en wat van die omliggende volke as Ariërs gekenteken word. Hulle is bruin met swart hare en bruin oë; hulle taal behoort in die Indo-Germaanse taalfamilie. Meer nie. Die naam Iran beteken soveel soos „Land van die Ariane”, so iets soos „Kwa Ariaan” as dit by ons was. Tot Indië is sy nie gekom nie, waar ook Ariërs woon.

    Twee-duisend-vyf-honderd jaar gelede het hulle groot koning Darius (of Daraiüs) sy beginsels in klip laat beitel; daarin verklaar hy dat alle agt-en-dertig volkere wat hy verower het hulle eie taal, kultuur en religie mag behou, want die Ariese volk is vredeliewend en wil nie oor andere heers nie.

    Dis 'n interessante film wat mens miskien tweekeer moet sien om al die dinge wat voorgedra word te begryp. En, of mens nou saamstem of nie, dit gee 'n breë uitsig op die probleem, en jy kan daarvoor of daarteen argumenteer. Iemand het gesê, ons kinders gaan dit beslis binnekort in gemeenskapskunde deurneem: Goed om te weet wat geleeer word.

    'n Goeie film, maar ek weet nie hoe om 'n dokumentasie te „bestér” nie.

    Miskien tussen drie en vier sterre.

©.2014.........................................................ooOoo.............................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar