Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Ligdief (Duits: Der Dieb des Lichtes / Kirgisies; nie verstaanbaar nie)

Kirgisië/Kirgistan/Kirgisistan is so ver weg (van Europa soos van Suid-Afrika) dat dit op ‘n ander planeet kon wees. Dit lê aangrensend aan Kasakstan oder Usbekistan und Sjina, in daardie omgewing. Wie weet nog wat is die naam van die hoofstad? In hierdie Kirgisië kyk hulle met ander oë, hulle sien ‘n ander werklikheid: Hulle sê byvoorbeeld dat wanneer die regisseur van hierdie film sterf, sal ‘n groot toneelspeler, ‘n natuurtalent ons verlaat; ons sou mos sê dat hy ‘n gebore toneelspeler, ‘n natuurtalent is, of hoe? Die regisseur wie se naam ek nie paraat het nie, het dan die hoofrol in díé film gespeel, en die res van die spelers was leke – amateurs.

Dit gaan om arm mense in wat vroeër ‘n Sowjet Sosialistiese Republiek was en nou een van die armste lande in Asië is. Op ‘n dorpie langs ‘n groot rivier, waar die motorweg en spoorweg op die ander oewer verbytrek, is die mense so arm dat die plaaslike elektrisiën vir hulle krag van die munisipale verdelerwerk steel; dit wil sê, hy koppel hule drade so om dat die wieletjies in die stroomkaste agteruitloop. Natuurlik word hy ontdek en verklaar dat hy dit slegs vir diegene gedoen het, wat nie kon betaal nie; dis dan almal, behalwe die burgemeester en nog ‘n amptenaar wat vol betaal.

      Almal kan sien dat dit bergaf gaan sedert die USSR opgelos is: Die goeie boerderyland het in steppe verander, die klein handwerkers en bedrywe is deur groteres oorgeneem en daar is volop werkloosigheid; die jong mense gaan werk as handlangers in Rusland, die orige mense weet nie vanmôre of hulle vanaand gaan eet nie. Die politici in Bisjkek, die hele staatsdiens en handelswêreld is korrup. Wat kan ‘n „klein mannetjie” doen om die totale ondergang af te keer? Eintlik niks nie, en hy sien hoe die uiteindelike katastroof stadig op die dorf afvloei. In sy vrytyd werk hy aan sy uitvinding, ‘n windrad wat ‘n dinamo aandryf en elektriese stroom maak. Hy hoop dat elke familie so ‘n windmasjien kan hê. Dan sal ‘n deel van die druk op die armes wegval. Maar alles, alles loop skeef en op die ou ent word hy van perderuiters doodgeslaan en in die rivier gegooi.

      Wat kan ons daaruit leer? Is daar ‘n „boodskap”? Hy was 'n ordentlike, ‘n gawe mens, en die ander dorpenaars het van hom gehou. Maar daar heers ‘n stemming van ons-wag-vir-die-laaste-dae, ‘n „einde-van-die-tyd-stemming”: Ons gaan tog vrek, hoekom sal ons ons weer? Humorloos. Verskriklik, mens sit star en stom soos die mossie voor die boomslang en voel hopeloos.

      Miskien ís die mense daar so. Miskien kyk hulle almal van die dood se kant af op die lewe uit. Waarskynliker is dat die regisseur dit wou bewerkstellig. By my was hy suksesvol; ‘n dag daarna voel ek nog altyd suf en uitgeput.

2011.__________________________________________________________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar